Spesiale openbare toespraak
Ware vrede en veiligheid—Wanneer?
Mense streef al duisende jare lank vrede en veiligheid na. Maar ware vrede het die mensdom ontwyk. Waarom? Die Bybel gee twee basiese redes waarom dit so moeilik is om vrede te verkry. Dit bevat ook hierdie hartverblydende versekering: God het ware en blywende wêreldwye vrede en veiligheid vir die mensdom belowe.
Hoe en wanneer sal hierdie vrede en veiligheid ’n werklikheid word? Wat moet jy doen om hierdie geseënde toestande te geniet? Hierdie vrae sal beantwoord word in die openbare toespraak “Ware vrede en veiligheid—Wanneer?” Hierdie Bybeltoespraak sal wêreldwyd in meer as 230 lande gehou word. Dit sal op die meeste plekke op Sondag 18 April 2010 by die plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies gehou word. Die Getuies in jou omgewing sal met graagte vir jou sê wanneer en waar dit gehou sal word. Jy word hartlik uitgenooi om dit by te woon.