Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 6/15 bl. 27
  • Het Jesus ’n helse vuur bedoel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het Jesus ’n helse vuur bedoel?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die poel van vuur? Is dit dieselfde as die hel of Gehenna?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wat het Jesus oor die hel geleer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Die hel—Ewige marteling of gemeenskaplike graf?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • ’n Lig vir die nasies
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 6/15 bl. 27

Het Jesus ’n helse vuur bedoel?

PARTY wat aan die leerstelling van die helse vuur glo, verwys na Jesus se woorde in Markus 9:48 (of vers 44 of 46). Hy het gepraat van wurms wat nie doodgaan nie en vuur wat nie geblus word nie. Hoe sal jy antwoord as iemand jou oor hierdie woorde vra?

Afhangende van watter Bybelvertaling gebruik word, sal die persoon moontlik vers 44, 46 of 48 lees, aangesien die bewoording van hierdie verse in party vertalings dieselfde is.a Die Nuwe Wêreld-vertaling sê: “As jou oog jou laat struikel, gooi dit weg; dit is vir jou beter om met een oog in die koninkryk van God in te gaan as om met twee oë in Gehenna gewerp te word, waar hulle wurm nie doodgaan en die vuur nie geblus word nie.”—Mark. 9:47, 48.

Hoe dit ook al sy, party beweer dat Jesus se woorde die beskouing ondersteun dat die siele van die goddeloses ná die dood vir ewig ly. ’n Kommentaar in die Spaanse Sagrada Biblia van die Universiteit van Navarra sê byvoorbeeld: “Ons Here gebruik [hierdie woorde] om na die foltering van die hel te verwys. Daar word dikwels verduidelik dat ‘die wurm wat nie doodgaan nie’, die ewige berou is wat ervaar word deur dié wat in die hel is en dat die ‘vuur wat nie geblus word nie’, hulle fisiese pyn is.”

Maar vergelyk Jesus se woorde met die laaste vers van Jesaja se profesie.b Is dit nie duidelik dat Jesus gesinspeel het op die teks in Jesaja hoofstuk 66 nie? Hier verwys die profeet klaarblyklik na mense wat sou uitgaan uit “Jerusalem na die aangrensende Hinnomvallei (Gehenna), waar menseoffers vroeër gebring is (Jer. 7:31) en wat uiteindelik die stad se vullishoop geword het” (The Jerome Biblical Commentary). Dit is duidelik dat die simboliek in Jesaja 66:24 nie verwys na mense wat gefolter word nie; dit praat van lyke. Hier is dit die wurms—nie lewende mense of onsterflike siele nie—wat nie sterf nie. Wat beteken Jesus se woorde dan?

Let op die kommentaar oor Markus 9:48 in die Katolieke werk El evangelio de Marcos. Análisis lingüístico y comentario exegético, Deel II: “[Die] bewoording is ontleen aan Jesaja (66,24). Daar wys die profeet op die twee maniere waarop lyke gewoonlik vernietig is: ontbinding en verbranding . . . Die neweskikking in die teks van wurms en vuur versterk die idee van vernietiging. . . . Albei vernietigende kragte word as permanent beskryf (‘word nie geblus nie, gaan nie dood nie’): daar is eenvoudig geen manier om daaraan te ontkom nie. In hierdie beeld is die enigste oorlewendes die wurm en die vuur—nie die mens nie—en albei vernietig enigiets wat in hulle mag val. Dit is derhalwe nie ’n beskrywing van ewige foltering nie, maar een van algehele vernietiging wat, aangesien dit ’n opstanding uitsluit, op ewige dood neerkom. [Vuur] is dus ’n simbool van vernietiging.”

Enigiemand wat weet dat die ware God liefdevol en regverdig is, behoort te kan sien hoe logies dit is om Jesus se woorde op dié manier te verstaan. Hy het nie gesê dat die goddeloses ewige foltering sou ondergaan nie. Hulle loop eerder die gevaar van algehele vernietiging waarby ’n opstanding uitgesluit is.

[Voetnote]

a Die betroubaarste Bybelmanuskripte bevat nie verse 44 en 46 nie. Geleerdes erken dat hierdie twee verse waarskynlik later ingevoeg is. Professor Archibald T. Robertson skryf: “Die oudste en beste manuskripte bevat nie hierdie twee verse nie. Dit het ingesluip uit die Westerse en Siriese (Bisantynse) manuskripgroepe. Dit is bloot ’n herhaling van vers 48. Dit is waarom ons die versnommers 44 en 46, wat nie eg is nie, [weglaat].”

b “Hulle sal uitgaan en die lyke aanskou van die mense wat teen my oortree het; want die wurms op hulle sal nie sterf nie en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle moet iets afstootliks vir alle vlees word.”—Jes. 66:24.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel