Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w07 10/1 bl. 32
  • “Wat is waarheid?”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Wat is waarheid?”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
w07 10/1 bl. 32

“Wat is waarheid?”

DIE Romeinse goewerneur Pontius Pilatus het hierdie vraag sinies aan Jesus gevra. Hy het nie belanggestel in ’n antwoord nie, en Jesus het hom ook nie een gegee nie. Dalk het Pilatus waarheid as ontwykend en dus as onbegryplik beskou.—Johannes 18:38.

Vandag het baie mense, onder andere godsdiensleiers, opvoedkundiges en politici, hierdie minagtende gesindheid ten opsigte van waarheid. Hulle is van mening dat waarheid—veral sedelike en geestelike waarheid—nie absoluut is nie, maar dat dit relatief is en voortdurend verander. Dit gee natuurlik te kenne dat mense self kan besluit wat reg en wat verkeerd is (Jesaja 5:20, 21). Dit gee mense ook die vryheid om die waardes en sedelike standaarde van vorige geslagte as verouderd te verwerp.

Dit is interessant om te let op die stelling wat aanleiding gegee het tot Pilatus se vraag. Jesus het gesê: “Hiervoor is ek gebore en hiervoor het ek in die wêreld ingekom, om van die waarheid te getuig” (Johannes 18:37). Vir Jesus was waarheid nie ’n vae, onbegryplike konsep nie. Hy het sy dissipels belowe: “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”—Johannes 8:32.

Waar kan hierdie waarheid gevind word? By een geleentheid het Jesus in gebed tot God gesê: “U woord is die waarheid” (Johannes 17:17). Die Bybel, wat onder goddelike inspirasie geskryf is, openbaar waarheid wat betroubare leiding voorsien, asook ’n vaste hoop vir die toekoms—die ewige lewe.—2 Timoteus 3:15-17.

Pilatus het die geleentheid om hierdie waarheid te leer, ongeërg van die hand gewys. Wat van jou? Vra Jehovah se Getuies gerus wat “die waarheid” is wat Jesus geleer het. Hulle sal jou met graagte van daardie waarheid vertel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel