Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 12/15 bl. 3
  • Die Kersseisoen—Sal dit aan jou verwagtinge voldoen?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Kersseisoen—Sal dit aan jou verwagtinge voldoen?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Kerstyd—Waarop val die klem?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Die soeke na die Kersgees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Bied die goeie nuus aan—Op vakansiedae
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Die oorsprong van die hedendaagse kersfees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 12/15 bl. 3

Die Kersseisoen—Sal dit aan jou verwagtinge voldoen?

“Pieter [die Grote] het gelas dat daar op 1 Januarie spesiale Nuwejaarsdienste in alle kerke gehou moet word. Verder het hy beveel dat die deurposte in huise met feestelike immergroen takke versier word, en hy het gebied dat alle inwoners van Moskou ‘hulle blydskap te kenne gee deur mekaar luidkeels seën toe te wens’ met die Nuwejaar.”—Peter the Great—His Life and World.

WAARNA sien jy uit as jy aan die Kersseisoen dink? Volgens mense regoor die aarde draai hierdie seisoen om Kersdag, wat oor die algemeen as die geboortedag van Christus beskou word, hoewel dit ook die Nuwejaarsviering insluit. Die feestyd strek dus oor ’n paar dae. Gedurende hierdie tyd is ouers sowel as kinders moontlik met vakansie, en daarom lyk dit na ’n ideale geleentheid vir gesinne om tyd saam deur te bring. Ander beskou die Kersseisoen egter as ’n tyd van die jaar om eer aan Christus te bring. Dalk meen jy ook dat dít die belangrikste aspek van die seisoen is.

Hetsy dit is om eer aan Christus te bring, tyd saam met familie deur te bring of albei, miljoene mans, vrouens en kinders regoor die wêreld sien gretig uit na hierdie tyd. Wat van hierdie jaar? Sal dit so ’n spesiale tyd vir julle gesin wees, en is dit spesiaal vir God? As julle ’n familiegeselligheid gaan hou, sal dit aan jou verwagtinge voldoen, of sal jy teleurgestel word?

Baie wat na die godsdienstige aspek daarvan uitsien, vind dat Kersfees sowel as Nuwejaar dikwels nie in die gees van Christus gevier word nie. Trouens, die Kersseisoen word bloot ’n tyd om geskenke te ontvang, ’n rede vir ’n partytjie wat soms gepaardgaan met gedrag wat Christus tot oneer strek of hoofsaaklik ’n geleentheid vir families om bymekaar te kom. Dikwels word so ’n geselligheid bederf deur een of meer wat te veel eet en drink en dan by ’n stryery betrokke raak wat alte dikwels tot geweld lei. Dalk het jy dit al opgemerk of moontlik self ondervind.

Indien wel, lyk dit dalk vir jou of baie min verander het sedert die tyd van die Russiese tsaar Pieter die Grote, wat aan die begin beskryf is. Baie wat ongelukkig voel oor die huidige tendens, wens dat die Kersseisoen ’n tyd kan wees wanneer mense diep nadink oor godsdiens en heilsame omgang met hulle familie geniet. Party beywer hulle selfs vir ’n verandering en gebruik slagspreuke soos: ’n Fees ter ere van Jesus ons Here. Maar is ’n verandering moontlik? En sal dit werklik eer aan Christus bring? Is daar redes om die Kersseisoen in ’n ander lig te beskou?

Om bevredigende antwoorde te vind, kan ons na die situasie kyk deur die oë van ’n nasie wat spesiale rede het om groot waarde aan hierdie tyd van die jaar te heg.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel