Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 12/1 bl. 32
  • Good News for People of All Nations

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Good News for People of All Nations
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 12/1 bl. 32

Good News for People of All Nations

DIE boekie hierbo is by die “Wandel met God”-streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies in 2004/05 vrygestel. Een uitgawe daarvan is ’n boekie met 96 bladsye wat ’n kort boodskap in 92 tale bevat, van Afrikaans tot Zulu, en dit is saamgestel om te help om die goeie nuus van die Koninkryk aan soveel mense moontlik te verkondig (Matteus 24:14). Die volgende ondervindinge toon wat dikwels gebeur wanneer die boekie gebruik word.

• Nadat ’n Getuiegesin die boekie by die byeenkoms gekry het, het hulle drie nasionale parke besoek. Daar het hulle mense van die Filippyne, Indië, Nederland en Pakistan teëgekom. Die man het gesê: “Hoewel al hierdie mense ’n bietjie Engels kon praat, was hulle beïndruk toe ons hulle die boodskap in hulle eie taal wys, aangesien hulle duisende kilometers van die huis af was. Hulle kon duidelik sien dat ons werk wêreldwyd gedoen word en dat ons verenig is.”

• ’n Getuie het die boekie vir ’n medewerker uit Indië gewys. Hy was opgewonde toe hy al die tale daarin sien en het die boodskap in sy eie taal gelees. Dit het tot meer besprekings oor die Bybel gelei. ’n Medewerker uit die Filippyne was verbaas dat haar moedertaal in die boekie is en wou graag meer oor Jehovah se Getuies uitvind.

• In Kanada het ’n vrou uit Nepal ingestem om die Bybel oor die telefoon saam met ’n Getuie te studeer, maar sy was onwillig om die suster na haar huis te nooi. Toe die Getuie egter vir die vrou van die boekie met ’n boodskap in Nepalees vertel, het sy die suster opgewonde genooi om haar te besoek. Sy wou die boodskap in haar moedertaal met haar eie oë sien! Die Bybelstudie word sedertdien by die vrou se huis gehou.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel