Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 8/1 bl. 32
  • ’n Lang reis word beloon

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Lang reis word beloon
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 8/1 bl. 32

’n Lang reis word beloon

UIT die Demokratiese Republiek van die Kongo kom die verslag van twee vleeslike susters wat besluit het om ’n lang reis in ’n oorloggeteisterde gebied af te lê om die “Gee God heerlikheid”-streekbyeenkoms in Lisala by te woon. Hulle het nie net daarna uitgesien om geestelike onderrigting en Christelike omgang by die byeenkoms te geniet nie, maar ook om verteenwoordigers te ontmoet van die takkantoor van Jehovah se Getuies in Kinshasa. Weens die burgeroorlog in die land het hulle jare lank niemand van die takkantoor gesien nie, en hulle wou hierdie geleentheid gebruik om dit te doen.

Die twee susters het in ’n piragua, of boomkano, van hulle tuisdorp Basankusu na Lisala gereis, ’n reis van sowat 300 kilometer deur woude en op twee riviere. Dit het hulle drie weke geneem om die reis af te lê. Aangesien hulle albei in die voltydse bediening is, onderskeidelik 3 en 19 jaar lank, het hulle hulle reis gebruik as ’n geleentheid om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig. Hulle het sowat 110 uur daaraan bestee om te getuig vir diegene wat hulle op pad ontmoet het en het 200 traktate en 30 tydskrifte versprei.

Op die rivier moes hulle tussen die seekoeie en die krokodille deur vaar, wat algemeen in daardie gebied voorkom. Hulle kon nie snags op die rivier vaar nie—’n mens kan dit nie in die donker waag nie! Hulle het ook deur baie militêre kontrolepunte gegaan.

Hoewel dit ’n baie lang en vermoeiende reis was, was dit vir die susters die moeite werd. Albei was vol waardering en vreugde omdat hulle by die byeenkoms in Lisala kon wees. Hulle harte het oorgeloop van entoesiasme vir die waarheid, en hulle is aangemoedig deur hulle assosiasie met die 7 000 broers en susters wat daar was. Ná die byeenkoms het hulle voor dieselfde uitdagings te staan gekom op pad huis toe, waar hulle gesinne op hulle gewag het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel