Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 5/15 bl. 3
  • Kan die mens ’n einde maak aan armoede?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan die mens ’n einde maak aan armoede?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Gevangenes van armoede
    Ontwaak!—1998
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Pogings om armoede te beëindig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Wat moet ek doen as my gesin arm is?
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 5/15 bl. 3

Kan die mens ’n einde maak aan armoede?

MILJOENE mense het opgegroei sonder om armoede te ondervind. Hulle was nog nooit in die situasie waar hulle honger bed toe moes gaan of bewend van die koue aan die slaap moes raak nie. Nogtans voel baie van hierdie mense jammer vir die armes en gaan hulle uit hulle pad om hulle te help.

Armoede bly egter ’n harde werklikheid vir mense wat deur burgeroorloë, oorstromings, droogtes en ander probleme geteister word. Hierdie probleme is ’n nagmerrie vir bestaansboere in Afrika. Sommige moes noodgedwonge hulle huise verlaat en na groot stede trek of as vlugtelinge in ’n ander land gaan woon. Ander plattelandse bewoners word deur beloftes van ’n beter lewe na die stede gelok.

Oorbevolkte stede word dikwels die broeiplek van armoede. Daar is baie min of geen plek om gewasse te plant nie. Dit is gewoonlik moeilik om werk te vind. Uit absolute desperaatheid wend baie hulle tot ’n lewe van misdaad. Stedelinge roep om hulp, maar menseregerings is nie in staat om die toenemende probleem van armoede op te los nie. The Independent van Londen het verwys na ’n verslag van die Verenigde Nasies wat in November 2003 uitgegee is en gesê: “Die wêreld word al hoe hongerder.” Dit het bygevoeg: “Vandag is daar wêreldwyd omtrent 842 miljoen mense wat ondervoed is—en daardie getal is steeds aan die toeneem, met ’n bykomende 5 miljoen honger mense elke jaar.”

Die Suid-Afrikaanse takkantoor van Jehovah se Getuies ontvang soms briewe van behoeftige mense. ’n Man van Bloemfontein het byvoorbeeld geskryf: “Ek is werkloos, en ek steel in die stad wanneer die geleentheid hom voordoen. As ek dit nie doen nie, ly ons dae lank honger—om nie eers te praat van die verskriklike koue wat ons moet verduur nie. Daar is eenvoudig geen werk nie. Baie mense loop in die strate rond op soek na werk en iets om te eet. Ek weet van ander wat in die asblikke rondkrap vir kos. Sommige pleeg selfmoord. Baie is, soos ek, neerslagtig en wanhopig. Dit lyk of daar geen hoop vir die toekoms is nie. Sien God, wat ons geskep het met die behoefte om te eet en klere te dra, nie wat gebeur nie?”

Daar is vertroostende antwoorde op hierdie man se vrae. Die volgende artikel sal toon dat die antwoorde in God se Woord, die Bybel, gevind kan word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel