Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 3/1 bl. 3-4
  • Oorloë met woorde—Waarom is dit skadelik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Oorloë met woorde—Waarom is dit skadelik?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Twee vroue met ’n problem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • “Julle sal van oorloë . . . hoor”
    Nog onderwerpe
  • Wanneer sal mense ophou veg? – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Binnekort ’n wêreld sonder oorlog
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 3/1 bl. 3-4

Oorloë met woorde—Waarom is dit skadelik?

“Uit watter bron kom daar oorloë en uit watter bron kom daar bakleiery onder julle?”—JAKOBUS 4:1.

DIE Bybelskrywer Jakobus het hierdie vraag nie gerig tot die soldate van Rome se legioene, wat destyds veroweringsoorloë gevoer het nie; hy het ook nie probeer uitvind wat die beweegredes agter die guerrillagevegte van die Joodse Sikariërs, of Dolkstekers, van die eerste eeu G.J. was nie. Jakobus het verwys na geskille waarby selfs net twee mense betrokke kan wees. Waarom? Omdat persoonlike konflikte, net soos oorloë, vernietigend is. Let op hierdie Bybelverslae.

Die seuns van die aartsvader Jakob het hulle broer Josef so gehaat dat hulle hom in slawerny verkoop het (Genesis 37:4-28). Later het Israel se koning Saul Dawid probeer doodmaak. Waarom? Omdat hy jaloers was op Dawid (1 Samuel 18:7-11; 23:14, 15). In die eerste eeu het twee Christenvroue, Euodia en Sintige, die vrede van ’n hele gemeente versteur met hulle stryery.—Filippense 4:2.

In onlangser tye het mans hulle geskille met swaarde of pistole in ’n tweegeveg besleg. Een van die vegters het dikwels gesterf of is lewenslank vermink. Vandag gebruik mense wat met mekaar baklei, gewoonlik net bitter, snydende woorde as wapens. Hoewel bloed nie vergiet word nie, kwets die mondelinge aanvalle emosies en skend dit reputasies. Onskuldiges ly dikwels in hierdie “oorloë”.

Kyk wat ’n paar jaar gelede gebeur het toe ’n Anglikaanse priester ’n ander priester daarvan beskuldig het dat hy kerkgeld misbruik het. Hulle stryery het algemeen bekend geraak, en die gemeente wat hulle bedien het, het in faksies verdeel. Party lidmate het geweier om dienste by te woon wat waargeneem is deur die priester teen wie hulle gekant was. Hulle minagting vir mekaar was so groot dat hulle mekaar geïgnoreer het wanneer hulle vir aanbidding in die kerk was. Toe die priester wat die aantygings gemaak het, self van seksuele wangedrag beskuldig is, het die onenigheid vererger.

Die Aartsbiskop van Kantelberg het ’n beroep op die twee priesters gedoen en het hulle stryery “’n kanker” genoem en “’n skandaal wat die naam van Ons Here onteer”. In 1997 het een van die priesters ingestem om af te tree. Die ander een het vasgehou aan sy amp totdat hy moes aftree omdat hy die verpligte aftreeouderdom bereik het. Maar hy het tot die laaste oomblik aangebly en op sy 70ste verjaarsdag, op 7 Augustus 2001, afgetree. The Church of England Newspaper het gesê dat die dag waarop hy afgetree het, die feesdag van “Sint” Victricius was. Wie was “Sint” Victricius? ’n Vierde-eeuse biskop wat glo gegesel is omdat hy geweier het om in ’n leër te veg. Die koerant het op die kontras in gesindhede gewys en gesê: “Weiering om in ’n kerkstryd te veg, was nie ’n eienskap van [die aftredende priester] nie.”

Daardie priesters kon dit vermy het om mekaar en ander skade te berokken as hulle die raad in Romeine 12:17, 18 toegepas het: “Moet niemand kwaad vir kwaad vergeld nie. Verskaf goeie dinge voor die oë van alle mense. Wees, indien moontlik, sover dit van julle afhang, vreedsaam teenoor alle mense.”

Wat van jou? Dryf gegriefdheid jou tot mondelinge oorlogvoering as iemand jou aanstoot gee? Of vermy jy harde woorde en hou jy die deur tot vrede oop? Vermy jy iemand as jy hom aanstoot gegee het, in die hoop dat tyd en ’n kort geheue die probleem sal bedek? Of vra jy gou om verskoning? Hetsy jy om vergifnis vra of dit aan iemand anders skenk, dit sal jou welsyn bevorder as jy probeer vrede maak. Bybelraad kan ons help om selfs ou geskille op te los, soos die volgende artikel toon.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel