Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 11/15 bl. 32
  • Smag jy na ’n wêreld sonder vrees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Smag jy na ’n wêreld sonder vrees?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 11/15 bl. 32

Smag jy na ’n wêreld sonder vrees?

“Ons lewe in ’n ‘toestand van voortdurende en verhoogde waaksaamheid en . . . hulpeloosheid’ wat veroorsaak word deur ’n ‘swak omskrewe . . . gevaar wat sonder waarskuwing enige tyd en in enige vorm kan toeslaan’.”

HIERDIE woorde, wat verlede jaar in die tydskrif Newsweek aangehaal is, weerspieël die gevoelens van baie mense wat in vandag se veelbewoë wêreld lewe. Jesus Christus het aangedui dat sulke gevoelens in die nabye toekoms sterker sal word. Hy het ’n tyd voorspel wanneer daar soveel angs onder die nasies sal wees dat hulle radeloos sal wees en die mense flou sal word van vrees en verwagting aangaande die dinge wat oor die aarde kom. Ons sal egter nie bang of hulpeloos hoef te voel nie, want Jesus het bygevoeg: “Wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want julle verlossing kom nader.”—Lukas 21:25-28.

Jehovah God het die lewensomstandighede van sy volk op aarde ná daardie verlossing soos volg beskryf: “My volk sal in ’n vreedsame woonplek en in wonings van volle vertroue en in ongestoorde rusplekke woon” (Jesaja 32:18). Jehovah het deur sy profeet Miga gesê: “Hulle sal elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom sit, en daar sal niemand wees wat hulle laat bewe nie.”—Miga 4:4.

Hoe verskil dit tog van die lewe van vandag! Geen onbekende gevaar sal die mensdom bedreig nie. Daar sal nie ’n toestand van voortdurende waaksaamheid en hulpeloosheid wees nie, maar eerder ’n toestand van eindelose vrede en geluk.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel