Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 11/1 bl. 32
  • Sal ons ooit ware veiligheid geniet?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal ons ooit ware veiligheid geniet?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 11/1 bl. 32

Sal ons ooit ware veiligheid geniet?

KINDERS wat gelukkig saam met hulle liefdevolle ouers speel—wie geniet dit nie om so ’n toneel dop te hou nie? Die kinders voel heeltemal veilig in die teenwoordigheid van ouers wat vir hulle omgee. En tog is daar baie jongmense wat byna nooit sulke gelukkige oomblikke geniet nie. Trouens, party kinders moet hulle elke dag bekommer oor waar hulle ’n slaapplekkie vir die nag gaan kry. Is daar enige hoop vir sulke hawelose kinders en ander wat nie in veiligheid lewe nie?

Al lyk die toekoms dalk donker, gee God se Woord ons hoop. Die profeet Jesaja het voorspel dat die dag sal kom wanneer almal in volkome veiligheid sal lewe. Hy het geskryf: “Hulle sal beslis huise bou en dit bewoon; en hulle sal beslis wingerde plant en die vrug daarvan eet. Hulle sal nie bou sodat iemand anders dit bewoon nie; hulle sal nie plant sodat iemand anders dit eet nie.”—Jesaja 65:21, 22.

Maar is dit ’n gegronde hoop? Die woord “hoop” dui immers nie altyd op sekerheid nie. In Brasilië hoor ’n mens byvoorbeeld dikwels die uitdrukking: “A esperança é a última que morre.” Dit beteken letterlik: “Hoop sterf heel laaste.” Dit impliseer dat baie mense hoopvol bly, selfs wanneer daar nie werklik ’n grondslag vir hoop is nie. Maar die hoop wat die lewende God ons bied, is anders. Die apostel Paulus het geskryf: “Niemand wat sy geloof op [God] grond, sal teleurgestel word nie” (Romeine 10:11). Bybelprofesieë wat reeds vervul is, gee ons die vertroue dat alle ander beloftes van Jehovah God ook bewaarheid sal word. Wanneer daardie beloftes vervul word, sal die toestande wat kinders dwing om op straat te lewe, iets van die verlede wees.

Selfs vandag kan die praktiese raad in die Bybel mense wat sonder hoop is, help om hulle lewe te verbeter en ware veiligheid te vind. Hoe is dit moontlik? Jehovah se Getuies in jou omgewing sal jou met graagte help om die antwoord op hierdie vraag te vind.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel