Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 10/1 bl. 32
  • Nie net ’n speletjie nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nie net ’n speletjie nie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 10/1 bl. 32

Nie net ’n speletjie nie

KINDERS hou daarvan om te speel. Maar “dit is nie ’n onbelangrike of betekenislose bedrywigheid nie”, verduidelik die boek The Developing Child. “Dit is blykbaar die grondslag waarop kognitiewe ontwikkeling hoofsaaklik gebou word.” Deur te speel, leer kinders om hulle sintuie te gebruik, hulle omgewing te verstaan en interaksie met ander te hê.

Van vier- of vyfjarige ouderdom af sal kinders volwassenes begin na-aap as deel van hulle speletjies. Jesus het eenkeer van kinders gepraat wat speel. Party wou “trou-trou” speel, ander wou “begrafnis” speel, en soos kinders gewoonlik doen, het hulle onder mekaar gestry omdat party nie wou saamspeel nie (Matteus 11:16, 17). Hierdie soort speletjies kan help om betekenisvolle rolle in die verstand van die ontwikkelende kind in te prent.

Die kinders op die foto’s speel dat hulle ’n Bybelonderrigter en ’n student is. Hulle hou nie regtig ’n Bybelstudie nie, maar dit is duidelik dat die idee om ander van die Bybel se boodskap te vertel, iets is waaraan hulle dink. En dit is belangrik, want Jesus het al sy volgelinge beveel om dissipels te maak en mense te leer om alles te onderhou wat hy hulle geleer het.—Matteus 28:19, 20.

Ouers wie se kinders daarvan hou om te speel dat hulle Bybelstudies en toesprake hou of van huis tot huis getuig, kan tereg trots op hulleself voel. Kinders boots natuurlikerwys na wat hulle die volwassenes om hulle sien doen. Hulle Bybelspeletjies weerspieël dat hulle grootgemaak word “met die soort opvoeding en raad wat deur die Here goedgekeur word”.—Efesiërs 6:4, Charles B. Williams.

Jehovah wil hê dat kinders aan ware aanbidding moet deelneem. Hy het vir Moses gesê om “die kindertjies” in te sluit wanneer die Wet gelees word (Deuteronomium 31:12). As klein kindertjies voel dat hulle deel is van iets, sal hulle speletjies dit heel waarskynlik weerspieël. En ’n kind wat speel dat hy ’n bedienaar van God is, neem die eerste stap op die weg om een te word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel