Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 8/15 bl. 32
  • “Dis die beste ding wat met ’n mens kan gebeur”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Dis die beste ding wat met ’n mens kan gebeur”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 8/15 bl. 32

“Dis die beste ding wat met ’n mens kan gebeur”

ALEXIS is ’n vyfjarige seuntjie van die stad Morelia, Mexiko, wie se ouers die Bybel studeer en die vergaderinge van Jehovah se Getuies bywoon. Terwyl hy saam met sy gesin ’n kringbyeenkoms bygewoon het, het hy ’n demonstrasie oor die huis-tot-huis-bediening gesien. Hy het spontaan vir sy pa gekyk en gevra: “Pappa, hoekom doen Pappa dit nie?” Sy pa het geantwoord: “Ek studeer nog sodat ek dit kan doen.” Alexis het opgewonde geantwoord: “Dis die beste ding wat met ’n mens kan gebeur.”

Hierdie jong kind het besef hoe belangrik dit is dat hy in ooreenstemming met sy kennis van Jehovah optree. Aangesien sy jonger nefie en niggie in dieselfde huis as hy woon, het hy eers tot Jehovah gebid en toe met hulle gepraat oor wat hy met sy ouers se hulp uit My boek met Bybelverhale geleer het. Hoewel Alexis nog nie kon lees nie, het hy die inhoud van die boek baie goed geken danksy die prente wat die verhale illustreer. Hy het selfs gesê dat hy mense by hulle huise wil besoek om hulle te vertel wat hy oor God se voornemens leer.

Ja, jonk en oud kan hulle lewe in ooreenstemming bring met wat Jehovah, “die Heilige”, van hulle verwag en sodoende die voortreflike voorreg geniet om onder die nasies van hom te getuig (Jesaja 43:3; Matteus 21:16). Dit is sonder twyfel een van die beste dinge wat met enigiemand kan gebeur.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel