Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 7/15 bl. 32
  • “Om Jehovah se naam bekend te maak”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Om Jehovah se naam bekend te maak”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 7/15 bl. 32

“Om Jehovah se naam bekend te maak”

REGOOR die wêreld waardeer mense Die Wagtoring en sy medetydskrif die Ontwaak! weens hulle geestelike inhoud en leersame artikels. ’n Leser in Frankryk het onlangs haar waardering soos volg in ’n brief uitgedruk:

“Ek is ’n jong vrou, oorspronklik van Afrika, met baie min skoolopleiding. Nie lank gelede nie het ek julle tydskrifte begin lees. Die onderwerpe het my belangstelling gewek, en ek het ontdek hoe nuttig dit is om te lees. Dit is te danke aan julle dat my woordeskat verbeter het en dat ek ’n brief met minder foute daarin kan skryf.

“Ek is verbaas dat julle omtrent alles dek wat te doen het met mense, die planeet en die Skepper. Hierdie artikels is so maklik verstaanbaar dat dit ’n mens aanspoor om te lees. Niemand anders het die vermoë om alle soorte mense gelyktydig te leer nie.

“Dit verbaas my ook om te sien dat dit nie vir finansiële gewin gedoen word nie, maar bloot om Jehovah se naam bekend te maak. Ek weet dat julle sy goedkeuring geniet, en ek wil julle bedank. Mag die Skepper voortgaan om julle die krag te gee om ander te leer.”

Jehovah se Getuies doen tans hulle Bybelonderrigtingswerk in 235 lande. Die Wagtoring word in 148 tale uitgegee, en die Ontwaak! in 87. Hierdie tydskrifte word nie gedruk om eer aan enige mens te bring nie. Die Bybelraad en tydige inligting daarin is bedoel om die Skepper te vereer, wat sê: “Ek, Jehovah, is . . . die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel” (Jesaja 48:17). Mag jy jouself bevoordeel deur die Heilige Skrif gereeld te lees tesame met hierdie Bybelstudiehulpe.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel