Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 6/15 bl. 32
  • Kan jou gebede ’n verskil maak?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jou gebede ’n verskil maak?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 6/15 bl. 32

Kan jou gebede ’n verskil maak?

WIE van ons het nog nie voor ’n ernstige situasie te staan gekom waaroor ons geen beheer gehad het nie? Die Bybel toon dat die apostel Paulus geweet het dat gebed ’n invloed op die afloop van sulke krisisse kan hê.

Toe Paulus ten onregte in Rome gevange gehou is, het hy sy medegelowiges gevra om vir hom te bid en bygevoeg: “Ek vermaan julle in die besonder om dit te doen, sodat ek nog gouer aan julle teruggegee kan word” (Hebreërs 13:18, 19). By ’n ander geleentheid het Paulus die vertroue uitgespreek dat God gebede om sy vrylating sou verhoor (Filemon 22). Paulus is kort daarna vrygelaat en het sy sendingwerk hervat.

Maar kan gebed werklik ’n invloed hê op hoe jou probleme uitwerk? Miskien. Onthou egter dat gebed nie bloot ’n formalistiese godsdiensgebruik is nie. Dit is werklike kommunikasie met ons liefdevolle en magtige Vader in die hemel. Ons moenie huiwer om baie spesifiek in ons gebede te wees nie, maar dan moet ons geduldig wag om te sien wat Jehovah doen.

God sal dalk nie regstreeks op al ons gebede reageer nie, en ook verhoor hy dit dalk nie altyd wanneer en hoe ons dit verwag nie. Paulus het byvoorbeeld herhaaldelik oor sy “doring in die vlees” gebid. Wat Paulus se probleem ook al was, God het dit nie weggeneem nie, maar hy het Paulus met hierdie bemoedigende woorde vertroos: “My onverdiende goedhartigheid is vir jou voldoende; want my krag word in swakheid tot volmaaktheid gebring.”—2 Korintiërs 12:7-9.

Ook as God in ons geval ’n spesifieke probleem nie wegneem nie, kan ons seker wees dat God vir ons ‘die uitweg sal gee, sodat ons dit sal kan verduur’ (1 Korintiërs 10:13). God sal binnekort al die lyding van die mensdom uit die weg ruim. Intussen kán dit ’n verskil maak as ons ons tot die “Hoorder van die gebed” wend.—Psalm 65:2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel