Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 5/15 bl. 32
  • Resep vir ’n lang en gelukkige lewe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Resep vir ’n lang en gelukkige lewe
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 5/15 bl. 32

Resep vir ’n lang en gelukkige lewe

“ALMAL wil ouer word; maar niemand wil oud wees nie.” So lui die gesegde. Baie mense wat aftree-ouderdom nader, sien daarna uit om meer tyd en minder verantwoordelikhede te hê. En tog is hulle bang dat hulle doelloos en nutteloos sal begin voel. Hulle vrees ook afsondering, ongelukkigheid en dat hulle gesondheid sal verswak.

Wat is dus die geheim van ’n gelukkige lewe? Goeie vriende en ’n liefdevolle familie help jonk en oud om gelukkig te bly. Maar dit wat ander tot ’n bejaarde persoon se lewe kan bydra, is nie al wat tel nie. Wat selfs belangriker is, is wat ’n ouer persoon vir ander kan doen.

’n Langtermynstudie van 423 bejaarde egpare het getoon dat “dit ons eie lewe kan help verleng as ons ’n bydrae tot die lewe van ander mense maak”. Stephanie Brown, wat aan die hoof van die studie was, verduidelik: “Hierdie bevindings dui daarop dat dit nie is wat ons uit verhoudings kry wat kontak met ander so voordelig maak nie; dit is wat ons gee.” Dit sluit in om ander met huiswerk te help, na kinders te kyk, ander nuttige take te verrig, vervoer te verskaf of ’n horende oor te gee vir iemand wat dit nodig het.

Ongeveer 2 000 jaar gelede het Jesus Christus gesê: “Dit verskaf groter geluk om te gee as om te ontvang” (Handelinge 20:​35). Die resep vir ’n lang en gelukkige lewe behels dus nie ’n vet bankrekening of verjongingskure en diëte nie. Dit behels eerder dat ’n mens aktief bly en van jou tyd, energie en krag gee om die lewe van ander te verryk.

Maar dit sal meer as ’n mededeelsame gees verg om ons van bejaardheid, siekte en die dood te red. Slegs God se Koninkryk sal al hierdie dinge uit die weg ruim. Onder daardie heerskappy sal siekte iets van die verlede wees, en selfs “die dood sal daar nie meer wees nie” (Openbaring 21:​3, 4; Jesaja 33:​24). Trouens, gehoorsame mense sal vir ewig in geluk op ’n paradysaarde lewe (Lukas 23:​43). Jehovah se Getuies vertel met graagte vir ander van hierdie Bybelse resep vir ’n lang en gelukkige lewe.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel