Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 1/15 bl. 31
  • “Een van die grootste ingenieurswerke”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Een van die grootste ingenieurswerke”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 1/15 bl. 31

“Een van die grootste ingenieurswerke”

TOE Jehovah se tempel ongeveer 3 000 jaar gelede gedurende die bewind van koning Salomo in Jerusalem gebou is, is ’n pragtige koperwaterkom gemaak en buite die ingang van die tempel geplaas. Dit het meer as 30 ton geweeg en kon ongeveer 40 000 liter water hou. Hierdie yslike kom is die gegote see genoem (1 Konings 7:23-26). “Daar bestaan feitlik geen twyfel nie dat dit een van die grootste ingenieurswerke is wat nog deur die Hebreeuse nasie onderneem is”, sê ’n voormalige tegniese beampte by die Nasionale Navorsingsraad van Kanada, Albert Zuidhof, in Biblical Archeologist.

Hoe is die see gemaak? “In die Jordaandistrik het die koning [kopervoorwerpe] in die kleivorm gegiet”, sê die Bybel (1 Konings 7:45, 46). “Die gietproses moes soortgelyk aan die ‘wassmeltmetode’ gewees het, wat nog steeds gebruik word om groot bronsklokke te maak”, sê Zuidhof. Hy verduidelik: “Dit het basies beteken dat ’n wasmodel van die see onderstebo oor die kurkdroë kern van die gietvorm gemaak moes word. . . . Nadat dit klaar was, moes die metaalgieters die buitenste deel van die gietvorm oor die wasmodel bou en dit laat droog word. Die laaste stappe sou wees om die was uit te smelt en die vloeibare brons in die holte te giet.”

Omdat die gegote see so ontsaglik groot en swaar was, het dit besondere vaardigheid geverg om dit te maak. Die binneste kern en die buitenste gietvorm moes die druk van ongeveer 30 ton gesmelte koper weerstaan, en die gietwerk moes in een onafgebroke proses gedoen word om krake of swak plekke te voorkom. Dit het waarskynlik vereis dat ’n reeks smeltoonde wat aan mekaar verbind was, gebruik word om die gesmelte metaal in die gietvorm te giet. Wat ’n ontsaglike werk!

In sy gebed tydens die inwyding van die tempel het koning Salomo Jehovah God die eer vir al die tempelwerk gegee en gesê: “U [het] die belofte met u eie mond gemaak en met u eie hand die vervulling teweeggebring.”—1 Konings 8:24.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel