Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 11/15 bl. 32
  • ’n Wêreld sonder misdaad is op hande

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Wêreld sonder misdaad is op hande
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 11/15 bl. 32

’n Wêreld sonder misdaad is op hande

PROBEER jou ’n wêreld sonder misdadigers voorstel! Daar sal geen behoefte aan polisiemanne, gevangenisse of duur en ingewikkelde strafregstelsels wees nie. Dit sal ’n wêreld wees waarin elke individu die lewe en eiendom van ander respekteer. Klink dit te goed om waar te wees? Jy dink dalk so, maar hierdie verbasende verbetering is presies wat die Bybel belowe. Ondersoek gerus wat die Skrif aangaande misdaad en ander euwels op hierdie aarde voorspel.

In die boek Psalms lees ons: “Moenie driftig wees oor die kwaaddoeners nie. Moenie afgunstig wees op dié wat onregverdigheid bedryf nie. Want soos gras sal hulle gou verdor, en soos groen, nuwe gras sal hulle verwelk. Maar die sagmoediges sal die aarde besit, en hulle sal hulle inderdaad verlustig in die oorvloed van vrede” (Psalm 37:1, 2, 11). Ja, niemand kan God verhinder om hierdie belofte en al sy ander bemoedigende beloftes te vervul nie.

God sal hierdie seëninge deur middel van sy Koninkryk bring. In die Onse Vader het Jesus Christus sy volgelinge geleer om te bid vir hierdie Koninkryk om te kom en God se wil om te geskied “soos in die hemel, so ook op die aarde” (Matteus 6:9, 10). Binnekort, onder daardie Koninkryk, sal niemand op die aarde misdade pleeg as gevolg van armoede, onderdrukking of selfsug nie. God se Woord sê eerder: “Daar sal volop graan op die aarde wees; op die top van die berge sal daar ’n oorvloed wees” (Psalm 72:16). Ja, Jehovah God sal almal op aarde van ’n eindelose voorraad goeie dinge voorsien. Nog belangriker, die mensegemeenskap sal deur liefde vir God en naaste gerig word, en die wêreld sal nooit weer deur misdaad bederf word nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel