Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 10/1 bl. 8
  • “Dit is ’n openbaring!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Dit is ’n openbaring!”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • My geloof word in Pole beproef
    Ontwaak!—2000
  • Hoe om jou kinders groot te maak sodat hulle Jehovah liefhet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Ouers – Help julle kinders om Jehovah lief te kry
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Ouers, beskerm julle kosbare erfenis
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 10/1 bl. 8

Koninkryksverkondigers berig

“Dit is ’n openbaring!”

DOROTA, ’n voltydse bedienaar van Jehovah se Getuies in Pole, het saam met haar 14-jarige seun vir ’n roetine-ondersoek na die skool se kliniek gegaan. Gedurende die ondersoek het die dokter, Janina,a Dorota uitgevra oor haar seun se pligte by die huis.

“Wanneer ek nie kan nie, kook my seun aandete vir ons gesin van ses”, het Dorota geantwoord. “Hy maak ook die huis skoon en help om dinge in en om die huis reg te maak. Hy hou van lees. Hy doen goed op skool.”

“Dis ongelooflik”, het Janina gesê. “Ek werk al 12 jaar hier, en ek het nog nooit van so iets gehoor nie.”

Dorota het dit as ’n geleentheid beskou om ’n getuienis te gee en het verduidelik: “Baie ouers van vandag gee nie hulle kinders behoorlike opleiding nie. Daarom het hulle kinders dikwels ’n lae selfbeeld.”

“Hoe weet jy dit alles?” het Janina gevra. “Die meeste ouers het geen benul van hierdie dinge nie.”

“Die Bybel is ’n kosbare bron van hierdie inligting”, het Dorota geantwoord. “Byvoorbeeld, volgens Deuteronomium 6:6-9 moet ons eers onsself oplei voordat ons ons kinders kan oplei. Ons moet in ons eie hart en verstand die waardes inboesem wat ons by ons kinders wil inskerp.”

“Dis ongelooflik”, het Janina gesê. “Dis ongelooflik!” Toe het sy Dorota gevra hoe die Bybel haar gehelp het om haar kinders groot te maak en op te lei.

“Ons hou elke week ’n Bybelstudie met ons kinders”, het Dorota verduidelik. “Ons gebruik ’n boek met die titel Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk.”b Toe het sy die boek beskryf en van die onderwerpe genoem wat daarin bespreek word.

“Dit is ’n openbaring!” het Janina uitgeroep. “Ek sal graag die boek wil sien.”

’n Uur later het Dorota teruggekeer met die boek.

“Aan watter godsdiens behoort jy?” wou Janina weet, terwyl sy deur die boek geblaai het.

“Ek is een van Jehovah se Getuies.”

“Hoe behandel Jehovah se Getuies mense van ander gelowe?”

“Net soos ek jou behandel—met respek”, het Dorota geantwoord en bygevoeg: “Ons wil natuurlik graag hê dat hulle ook die waarheid van die Bybel moet leer ken.”

“Ek voel alreeds baie beter”, het Janina erken.

Aan die einde van haar besoek het Dorota Janina aangespoor om die Bybel te lees. “Dit sal jou lewe sinvol maak en jou help met jou werk.”

“Jy het my beslis oortuig om dit te doen”, het Janina gesê.

Dorota het taktvol en met vasbeslotenheid ’n roetinebesoek aan die dokter se spreekkamer verander in ’n geleentheid om ’n goeie getuienis te gee.—1 Petrus 3:15.

[Voetnote]

a Nie haar regte naam nie.

b Uitgegee deur Jehovah se Getuies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel