Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 9/1 bl. 32
  • Ware hulp vir die armes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ware hulp vir die armes
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 9/1 bl. 32

Ware hulp vir die armes

TOE Jesus Christus, die Seun van God, op aarde was, het hy opreg daarin belanggestel om die armes te help. ’n Ooggetuie het aangaande Jesus se bediening gesê: “Die blindes sien weer, en die kreupeles loop rond, die melaatses word gereinig en die dowes hoor, en die dooies word opgewek, en aan die armes word die goeie nuus bekend gemaak” (Matteus 11:5). Maar wat van die miljoene armes van vandag? Is daar enige goeie nuus vir hulle? Ja, daar is ’n boodskap van hoop!

Hoewel die wêreld oor die algemeen die armes dikwels ignoreer en vergeet, belowe God se Woord, die Bybel: “Die arme sal nie vir altyd vergeet word nie, ook sal die hoop van die sagmoediges nooit vergaan nie” (Psalm 9:18). Hierdie vertroostende woorde sal vervul word wanneer God se Koninkryk, ’n werklike hemelse regering, alle menseheerskappy vervang (Daniël 2:44). As Koning van daardie hemelse regering sal Jesus “jammer voel vir die geringe en die arme, en die siel van die armes sal hy red. Van onderdrukking en van geweld sal hy hulle siel verlos, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.”—Psalm 72:13, 14.

Wat sal die lewensomstandighede wees wanneer Christus oor die aarde regeer? Diegene wat onder Christus se wêreldheerskappy lewe, sal die vrug van hulle arbeid geniet. Die Bybel sê in Miga 4:3, 4: “Hulle sal elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom sit, en daar sal niemand wees wat hulle laat bewe nie; want die mond van Jehovah van die leërs het dit gespreek.” God se Koninkryk sal selfs probleme soos siekte en die dood uit die weg ruim (Jesaja 25:8). Hoe anders sal daardie wêreld tog nie wees nie! Ons kan hierdie Bybelbeloftes glo omdat dit deur God self geïnspireer is.

Die Bybel bevat nie net ’n boodskap van hoop nie, maar help ons ook om algemene probleme die hoof te bied, soos om byvoorbeeld ’n gebrek aan selfrespek te oorkom, wat dalk deur armoede veroorsaak is. ’n Behoeftige Christen weet uit sy studie van die Bybel dat hy net so kosbaar in God se oë is as ’n welgestelde Christen. Die Bybelboek Job sê dat God “op die edele nie meer ag gegee het as op die geringe nie, want hulle almal is die werk van sy hande” (Job 34:19). God het albei ewe lief.—Handelinge 10:34, 35.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel