Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 8/1 bl. 32
  • ‘Twee mense het aan ons deur geklop’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Twee mense het aan ons deur geklop’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 8/1 bl. 32

‘Twee mense het aan ons deur geklop’

“ONS het twee jaar gelede die verskriklike pyn deurgemaak om ons dogtertjie aan die dood af te staan.” So begin ’n ope brief in die koerant Le Progrès, wat in Saint-Étienne, Frankryk, uitgegee word.

“Mélissa was drie maande oud en het aan die verskriklike siekte trisomie 18 gely. ’n Mens herstel nooit heeltemal van ’n tragedie wat so onregverdig voel nie. Hoewel ons in die Katolieke geloof grootgeword het, het ons bly vra: ‘God, as u bestaan, waarom laat u toe dat sulke dinge gebeur?’” Dit is duidelik dat die moeder wat hierdie brief geskryf het, ontsteld en magteloos gevoel het. Haar brief sê verder:

“Kort ná hierdie gebeure het twee mense aan ons deur geklop. Ek het hulle onmiddellik as Jehovah se Getuies herken. Ek was op die punt om vir hulle te sê dat ek nie belangstel nie, toe ek die brosjure sien wat hulle aanbied. Dit het gehandel oor waarom God lyding toelaat. Ek het dus besluit om hulle in te nooi sodat ek hulle verkeerd kon bewys. Ek het gereken dat niemand ons gesin enigiets van lyding kon vertel nie en dat ons genoeg leë uitdrukkings gehoor het soos ‘God het haar vir ons gegee en God het haar weggeneem’. Die Getuies was ’n bietjie meer as ’n uur daar. Hulle het met groot medelye na my geluister, en toe hulle vertrek, het ek soveel beter gevoel en ingestem tot nog ’n besoek. Dit was twee jaar gelede. Ek het nie een van Jehovah se Getuies geword nie, maar ek het die Bybel saam met hulle begin studeer, en ek woon so gereeld moontlik hulle vergaderinge by.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel