Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 2/15 bl. 32
  • “Ek het nie veel van God geweet nie”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ek het nie veel van God geweet nie”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 2/15 bl. 32

“Ek het nie veel van God geweet nie”

“JEHOVAH SE GETUIES het my die afgelope jaar besoek en my van die wonderlike nuus van God se Koninkryk vertel. Ek was agt jaar lank ’n Katoliek, maar ek het nie veel van God geweet nie. Net in hierdie een jaar het ek baie geleer”, het ’n man van Kerala, Indië, geskryf. “Ek is baie bly om te weet dat Die Wagtoring in 139 [nou 146] tale uitgegee word”, het hy verder gesê. “Dit is verbasend dat mense van alle taalgroepe die boodskap oor God te wete kom.”

Hoewel baie filosowe beweer dat dit onmoontlik is om God te ken, het die apostel Paulus duidelik getoon dat dit wel moontlik is. Paulus het ’n groep Ateners toegespreek, waarvan party aanbid het by ’n altaar wat “aan ’n Onbekende God” toegewy was, en gesê: “Waaraan julle dan nou onwetend godvrugtige toegewydheid betoon, dít verkondig ek aan julle. Die God wat die wêreld en alles daarin gemaak het, . . . [gee] aan almal lewe en asem en alles . . . En hy het uit een mens elke nasie van die mense gemaak om op die hele oppervlak van die aarde te woon.”—Handelinge 17:23-26.

Paulus het sy gehoor aangespoor om die Skepper te leer ken, want ‘hy is nie ver van elkeen van ons af nie’ (Handelinge 17:27). Jehovah se Getuies sal jou met graagte help om die ware God en sy innemende eienskappe te leer ken.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel