Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w02 10/15 bl. 32
  • ‘Word wys in jou toekoms’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Word wys in jou toekoms’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
w02 10/15 bl. 32

‘Word wys in jou toekoms’

“Die meeste mense gebruik die vroeë jare van hulle lewe om hulle latere jare ellendig te maak.” Dit was die woorde van Jean de La Bruyère, ’n 17de-eeuse Franse skrywer. Ja, ’n besluitelose jong persoon hink dalk op twee gedagtes en kan gevoelens van ontevredenheid en teleurstelling ondervind. Aan die ander kant sal ’n hardkoppige jong persoon moontlik in ’n onverstandige weg volhard, wat hom later in die lewe ongelukkig kan maak. Hoe dit ook al sy, sondes van versuim of bedryf kan tot groot hartseer lei.

Hoe kan so ’n uiteinde vermy word? Waar God se Woord jongmense teen besluiteloosheid waarsku, sê dit: “Dink dan nou aan jou Grootse Skepper in die dae van jou jonkheid, voordat die rampspoedige dae kom, of die jare aangebreek het wanneer jy sal sê: ‘Ek het geen behae daarin nie’” (Prediker 12:1). As jy ’n jong persoon is, moet jy positiewe stappe neem om “jou Grootse Skepper” te leer ken terwyl jy nog jonk is.

Hoe help die Bybel jongmense dus om die dwaasheid van die jeug te vermy? Dit sê: “Luister na raad en aanvaar dissipline, sodat jy in jou toekoms wys kan word” (Spreuke 19:20). Die Bybel toon ook duidelik dat dit bittere gevolge het as iemand tydens sy jeug, of op enige ander ouderdom, godvrugtige wysheid verwerp weens versuim of opstandigheid (Spreuke 13:18). As ons daarenteen Goddelike riglyne volg, lei dit tot “lengte van dae en jare van lewe en vrede”, ’n bevredigende en sinvolle lewe.—Spreuke 3:2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel