Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w01 12/15 bl. 28
  • Ouers, voorsien wat julle kinders nodig het!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ouers, voorsien wat julle kinders nodig het!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
w01 12/15 bl. 28

Ouers, voorsien wat julle kinders nodig het!

KINDERS het leiding en liefdevolle dissipline nodig, veral van hulle ouers. In hierdie verband sê ’n Brasiliaanse opvoedkundige, Tania Zagury: “Die neiging by enige kind is om plesier na te jaag. Dit is belangrik om perke te stel. Die ouers moet dit doen. As hulle versuim om dit te doen, ruk die kinders handuit.”

Maar in baie lande kan die invloed van ’n permissiewe gemeenskap wat persoonlike vryheid verheerlik, dit moeilik maak om die raad hierbo te volg. Waar kan ouers dus hulp kry? Godvresende ouers besef dat hulle kinders “’n erfdeel van die HERE” is (Psalm 127:3). Hulle wend hulle dus tot God se Woord, die Bybel, vir leiding om hulle groot te maak. Spreuke 13:24 sê byvoorbeeld: “Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.”

Die Bybel se gebruik van die woord “roede” hoef nie net as lyfstraf verstaan te word nie; dit verwys na die manier van teregwysing, ongeag die vorm wat dit aanneem. Trouens, woorde is dikwels dalk al wat nodig is om ’n kind se verkeerde weg reg te stel. Spreuke 29:17 sê: “Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.”

Kinders het liefdevolle dissipline nodig om van ongewenste eienskappe ontslae te raak. Sulke ferm en goedhartige teregwysing toon dat ’n ouer vir sy kind omgee (Spreuke 22:6). Ouers, skep dus moed! As julle die betroubare, praktiese raad van die Bybel volg, sal julle Jehovah God behaag en julle kinders se respek verkry.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel