Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w01 11/15 bl. 32
  • “Sien jou in God se Koninkryk”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Sien jou in God se Koninkryk”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
w01 11/15 bl. 32

“Sien jou in God se Koninkryk”

“Liewe vriend! Rupert, ek is vandag ter dood veroordeel. Moenie oor my treur nie. Ek stuur my liefde aan jou en almal in die huis. Sien jou in God se Koninkryk.”

OP 8 Junie 1942 het Franc Drozg hierdie woorde neergeskryf, minute voordat hy deur Nazi-soldate geskiet is. Waarom is hy tereggestel?

Volgens die verslag in die Nasionale Vryheidsmuseum in Maribor, Slowenië, het hierdie 38-jarige ystersmid geweier om aan te sluit by die Wehrmannschaft, ’n Duitse paramilitêre afdeling in Slowenië, wat deur Duitsland beset is. Hy was ’n Bibelforscher, of Bybelstudent, soos Jehovah se Getuies destyds in daardie deel genoem is. In gehoorsaamheid aan Jesaja 2:4 het hy geweier om die Nazi-oorlogspoging te steun en het hy verklaar dat hy ’n onderdaan van God se Koninkryk is.—Matteus 6:33.

In sy tuisdorp Ptoej was Franc bekend as ’n ywerige verkondiger van die goeie nuus van God se Koninkryk (Matteus 24:14). Ondanks baie teëspoed het hy die goeie nuus sonder ophou verkondig totdat hy in Mei 1942 in hegtenis geneem is.

Talle Sloweense Getuies van Jehovah is hewig deur die Nazi’s vervolg. Franc was een van die eerstes wat weens sy godsdiensoortuiging tereggestel is. Soos eerste-eeuse Christene is hy versterk deur die woorde: “Ons moet deur baie verdrukkinge heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Sy geloof in die werklikheid van daardie hemelse regering blyk duidelik uit sy laaste woorde: “Sien jou in God se Koninkryk.”

[Foto-erkennings op bladsy 32]

Franc Drozg: Photo Archive-Museum of National Liberation Maribor, Slovenia; brief: Original kept in Museum of National Liberation Maribor, Slovenia

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel