Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w01 9/15 bl. 28
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie se aanbidding is vir God aanneemlik?
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
  • Christene aanbid met gees en waarheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Waarom moet ons deur God se gees gelei word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Gelei deur God se gees in die eerste eeu en vandag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
w01 9/15 bl. 28

Vrae van lesers

Wat beteken dit om Jehovah “met gees” te aanbid?

Toe Jesus Christus vir ’n vrou van Samaria getuig het wat by Jakob se fontein naby die stad Sigar water kom haal het, het hy gesê: “God is ’n Gees, en dié wat hom aanbid, moet met gees en waarheid aanbid” (Johannes 4:24). Ware aanbidding moet ‘met waarheid’ beoefen word in dié sin dat dit moet ooreenstem met wat Jehovah God in die Bybel oor homself en sy voornemens geopenbaar het. Ons diens aan God moet ook geesdriftig, of ywerig, wees, en moet gemotiveer word deur ’n hart vol liefde en geloof (Titus 2:14). Die konteks toon egter dat Jesus se stelling dat ons ‘God met gees moet aanbid’, veel meer behels as die geesteshouding waarmee ons Jehovah dien.

Die bespreking wat Jesus met die vrou by die put gehad het, was nie oor geesdrif of die gebrek daaraan in aanbidding nie. Selfs valse aanbidding kan met ywer en toegewydheid beoefen word. Jesus het eerder, nadat hy gesê het dat die Vader nie aanbid sou word by ’n berg in Samaria of by die tempel in Jerusalem nie—wat albei fisiese plekke is—op ’n nuwe manier van aanbidding gewys wat op die ware natuur van God gebaseer is (Johannes 4:21). Hy het gesê: “God is ’n geestelike Wese” (Johannes 4:24, Charles B. Williams). Die ware God is nie stoflik nie en kan nie gesien of aangeraak word nie. Sy aanbidding draai nie om ’n fisiese tempel of ’n berg nie. Jesus het dus verwys na ’n aspek van aanbidding wat verder strek as die dinge wat gesien kan word.

Aanvaarbare aanbidding moenie net met waarheid beoefen word nie, maar moet ook deur die heilige gees—God se onsigbare werkende krag—gerig word. “Die [heilige] gees ondersoek alle dinge”, het die apostel Paulus geskryf, “selfs die diep dinge van God.” Hy het bygevoeg: “Ons het nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die gees wat van God kom, sodat ons die dinge sou ken wat goedgunstig deur God aan ons gegee is” (1 Korintiërs 2:8-12). As ons God op ’n aanvaarbare wyse wil aanbid, moet ons sy gees hê en daardeur gelei word. Daarbenewens is dit noodsaaklik dat ons deur studie en die toepassing van sy Woord ons gees, of geesteshouding, in ooreenstemming met syne moet bring.

[Prent op bladsy 28]

Aanbid God “met gees en waarheid”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel