Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w01 8/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Job se onkreukbaarheid—Waarom so merkwaardig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Job het volhard—Ons kan ook!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Bybelboek nommer 18—Job
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Job het Jehovah se naam hooggehou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
w01 8/15 bl. 31

Vrae van lesers

Hoe lank het Job gely?

Party mense dink dat Job se beproewinge oor baie jare gestrek het, maar die boek Job sê nie dat hy so ’n uitgerekte lyding verduur het nie.

Dit lyk of die eerste fase van Job se beproewinge, die verlies van gesinslede en eiendom, redelik kort was. Ons lees: “Op ’n dag, terwyl [Job se] seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer.” Job het die een berig ná die ander ontvang dat hy verlies gely het—van sy beeste, sy esels, sy kleinvee, sy kamele en van die knegte wat na daardie diere omgesien het. Blykbaar het Job onmiddellik daarna gehoor van die dood van sy seuns en dogters, wat “besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer”. Dit lyk asof al hierdie dinge op dieselfde dag gebeur het.—Job 1:13-19.

Die volgende fase van Job se beproewinge moes langer geduur het. Satan het Jehovah genader en beweer dat Job nie getrou sou bly as die lyding hom persoonlik—sy eie liggaam—sou raak nie. Toe is Job met “bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel”. Die verspreiding van hierdie siekte oor sy hele liggaam het moontlik ’n tydjie geduur. En dit sou waarskynlik ’n ruk geduur het vir die nuus van “al hierdie onheile” om sy sogenaamde vertroosters te bereik, wat toe na hom toe gekom het.—Job 2:3-11.

Elifas was van Teman in die land Edom, en Sofar was van ’n gebied in die noordweste van Arabië. Hulle tuisgebiede was dus nie ver van Job s’n in Us nie, wat waarskynlik in noordelike Arabië was. Bildad was egter ’n Suhiet, en sy mense het blykbaar langs die Eufraat gewoon. As Bildad op daardie stadium in sy tuisgebied was, kon dit weke of maande geneem het om van Job se situasie te hore te kom en na Us te reis. Dit is natuurlik moontlik dat die drie in Job se omgewing was toe sy lyding begin het. Hoe dit ook al sy, toe Job se drie metgeselle opgedaag het, het hulle “by hom op die grond gaan sit, sewe dae en sewe nagte lank”, sonder om te praat.—Job 2:12, 13.

Toe het die finale fase van Job se beproewinge aangebreek, waarvan die besonderhede baie hoofstukke van die boek in beslag neem. Daar was ’n reeks debatte of redevoerings deur daardie sogenaamde vertroosters, en Job het dikwels daarop gereageer. Aan die einde daarvan het die jong man Elihu hulle almal berispe, en Jehovah het Job uit die hemel tereggewys.—Job 32:1-6; 38:1; 39:34–40:1; 42:1.

Job se lyding en die uiteinde daarvan het moontlik binne ’n paar maande plaasgevind, dalk minder as ’n jaar. Jy weet dalk uit ondervinding dat dit voel asof moeilike beproewinge vir ewig voortduur. Maar ons moenie vergeet dat dit tot ’n einde kom, soos dit met Job die geval was nie. Ongeag hoe lank die beproewinge voortduur waarvoor ons te staan kom, ons moet onthou dat God ons sal ondersteun, soos die geïnspireerde woorde te kenne gee: “Al is die verdrukking kortstondig en lig, bewerk dit vir ons ’n heerlikheid wat van al hoe meer oortreffende gewig en ewig is” (2 Korintiërs 4:17). Die apostel Petrus het geskryf: “Nadat julle ’n klein rukkie gely het, sal die God van alle onverdiende goedhartigheid, wat julle geroep het tot sy ewige heerlikheid in eenheid met Christus, self julle opleiding voltooi; hy sal julle standvastig maak, hy sal julle sterk maak.”—1 Petrus 5:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel