Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w01 3/1 bl. 3-4
  • Kan jy waarlik gelukkig wees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy waarlik gelukkig wees?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Is jy op die pad van geluk?
    Ontwaak! — 2018
  • Dit hang van jou af of jy ware geluk sal vind
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Gelukkig is diegene wat “die gelukkige God” dien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Ware geluk in Jehovah se diens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
w01 3/1 bl. 3-4

Kan jy waarlik gelukkig wees?

GEORGE het almal met ’n glimlag gegroet. Vir hom was die lewe ’n kosbare gawe wat geniet moes word. Sy geluk en optimisme was sy uitstaande kenmerke—selfs nog meer toe hy weens die probleme van die ouderdom begin ly het. Tot sy dood het mense George geken as ’n gelukkige persoon. Is jy gelukkig soos George? Beskou jy elke nuwe dag as ’n gawe wat geniet moet word? Of voel jy moedeloos of selfs bang wanneer jy aan ’n nuwe dag dink? Is daar iets wat jou jou geluk ontneem?

Geluk is al gedefinieer as ’n toestand van tevredenheid wat redelik permanent is. Dit word gekenmerk deur emosies wat wissel van vergenoegdheid tot ’n diep en intense vreugde, asook ’n natuurlike begeerte dat die toestand moet voortduur. Bestaan hierdie soort geluk werklik?

Vandag bevorder die samelewing die beskouing dat mense gelukkig sal wees as hulle net ryk genoeg is. Miljoene se lewe is ’n dolle gejaag na rykdom. Gevolglik offer talle mense persoonlike verhoudings en ander belangrike dinge in die lewe op. Soos miere op ’n miershoop is hulle voortdurend besig om rond te skarrel, en hulle het min tyd vir bepeinsing of vir mekaar. Dit is te verstane dat “al hoe meer mense met depressie gediagnoseer word”, sê ’n berig in die Los Angeles Times, “en mense begin al hoe vroeër daaraan ly. . . . Antidepressante is op die medisynemaatskappye se lys van beste verkopers.” Miljoene gebruik dwelmmiddels of probeer hulle probleme met alkohol verdrink. Party kry die koopkoors wanneer hulle depressief voel. Een opname “het getoon dat dit meestal vroue is wat geneig is om hulle aan koopterapie oor te gee”, sê die Britse koerant The Guardian. “Die moontlikheid dat hulle sal koop wanneer hulle depressief is, is drie keer groter as in die geval van mans.”

Maar ware geluk word nie in ’n winkel, ’n bottel, ’n pil, ’n spuitnaald of ’n bankrekening gevind nie. Geluk is nie te koop nie; dit is gratis. Waar kan ons so ’n kosbare gawe vind? Ons sal dit in die volgende artikel bespreek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel