Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w01 2/1 bl. 32
  • “’n Genesing vir jou naeltjie”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “’n Genesing vir jou naeltjie”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
w01 2/1 bl. 32

“’n Genesing vir jou naeltjie”

DAAR word geglo dat baie van die mensdom se siektes veroorsaak word deur emosionele spanning soos vrees, hartseer, jaloesie, gegriefdheid, haat en skuldgevoelens. In die lig hiervan is die Bybel se woorde dat die ‘vrees van Jehovah ’n genesing vir jou naeltjie en ’n verkwikking vir jou gebeente’ is baie bemoedigend!—Spreuke 3:7, 8, NW.

Die gebeente is die ondersteunende raamwerk van die liggaam. Gevolglik gebruik die Bybel die woord “gebeente” metafories om ’n mens se wese af te beeld—veral wanneer dit deur diepe gevoelens en emosies geraak word. Maar hoe is die vrees van Jehovah “’n genesing vir jou naeltjie”?

Bybelgeleerdes verskil oor die gebruik van “naeltjie” in hierdie Skrifgedeelte. Een kommentator sê dat die “naeltjie” moontlik al die lewensorgane verteenwoordig omdat dit in “die middel van die liggaam is”. Nog ’n geleerde doen aan die hand dat die woord “naeltjie” die naelstring kan beteken, soos dit in Esegiël 16:4 gebruik word. As dit die geval is, beklemtoon Spreuke 3:8 moontlik hoe noodsaaklik dit vir ons is om volkome op God te vertrou—baie soos ’n hulpelose fetus heeltemal afhanklik van sy ma vir voeding is. Nog ’n idee is dat “naeltjie” hier na die spiere en senings van die liggaam kan verwys. In die konteks van hierdie vers kan dit wees dat ’n teenstelling gevorm word tussen hierdie dele en die “gebeente”—die liggaam se solieder komponente.

Wat die spesifieke betekenis ook al is, een ding is seker: Die verstandige weg is om ’n eerbiedige vrees vir Jehovah te openbaar. Om volgens God se standaarde te lewe, kan nou reeds tot ons fisiese welsyn bydra. Daarbenewens kan ons daardeur Jehovah se guns verkry, wat sal lei tot eindelose lewe in volmaakte gesondheid—fisies en emosioneel—in sy komende nuwe wêreld.—Jesaja 33:24; Openbaring 21:4; 22:2.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Dr. G. Moscoso/SPL/Photo Researchers

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel