Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 1/15 bl. 32
  • ’n Uitsonderlike jaar wat Bybelverspreiding betref

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Uitsonderlike jaar wat Bybelverspreiding betref
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 1/15 bl. 32

’n Uitsonderlike jaar wat Bybelverspreiding betref

MEER mense as ooit tevore besit ’n Bybel. Dit is wat ’n verslag van die Verenigde Bybelgenootskappe beweer, want in 1998 is daar oor die halfmiljoen meer Bybels as die vorige jaar versprei. Daar is altesaam meer as 585 000 000 Bybels—die hele Bybel of dele daarvan—regoor die aarde versprei. “Dit is ’n bemoedigende gedagte”, sê die verslag. “Meer mense word vandag met die Woord van God bereik.”

Dit is natuurlik een ding om ’n Bybel te besit en iets heeltemal anders om dit te lees. Een opname het byvoorbeeld getoon dat meer as 90 persent van Amerikaners ten minste een Bybel besit, en dat net soveel mense glo dat die Bybel ’n goeie bron van sedelike onderrigting is. Maar net 59 persent het gesê dat hulle hulle tot die Bybel wend vir raad. En 29 persent het erken dat hulle “nie veel” of “niks” van die Bybel weet nie.

Jehovah se Getuies druk en versprei nie net Bybels nie, maar hou ook gratis tuisbybelstudies met mense in meer as 230 lande. Miljoene mense regoor die wêreld vind nou baat by hierdie Bybelonderrigtingsprogram. Hulle word gehelp om die probleme waarvoor hulle nou te staan kom die hoof te bied, en hulle leer wat die Bybel sê omtrent ’n rooskleurige toekoms onder God se Koninkryk.—Jesaja 48:17, 18; Matteus 6:9, 10.

[Prente op bladsy 32]

Tuisbybel-studies in (kloksgewys van links bo) Bolivia, Ghana, Sri Lanka en Engeland

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel