Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 1/1 bl. 32
  • Wanneer ‘die wind teen ons is’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer ‘die wind teen ons is’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 1/1 bl. 32

Wanneer ‘die wind teen ons is’

Toe die Evangelieskrywer Markus die werklike ondervinding van Jesus se dissipels beskryf het terwyl hulle gesukkel het om die See van Galilea in ’n boot oor te steek, het hy gesê dat hulle ‘swaar gekry het met roei, want die wind was teen hulle’. Terwyl Jesus nog op land was, het hy hulle verknorsing gesien en op wonderdadige wyse op die see na hulle toe geloop. Toe hy by hulle in die boot geklim het, het die wind gaan lê.—Markus 6:48-51.

Dieselfde Bybelskrywer het geskryf hoe daar by ’n vroeër geleentheid ’n ‘hewige windstorm losgebars het’. Jesus het toe “die wind bestraf . . . en die wind het gaan lê, en ’n groot kalmte het ingetree”.—Markus 4:37-39.

Hoewel ons vandag nie die voorreg het om ooggetuies van sulke wonderwerke te wees nie, kan ons baie daaruit leer. As onvolmaakte mense wat in gevaarlike tye lewe, is ons nie immuun teen die winde van teëspoed nie (2 Timoteus 3:1-5). Trouens, soms voel ons dalk dat die angs wat met persoonlike beproewinge gepaardgaan soos ’n wind is wat stormsterkte bereik het. Maar verligting is beskikbaar! Jesus gee die uitnodiging: “Kom na my toe, almal wat swoeg en swaar belaai is, en ek sal julle verkwik.”—Matteus 11:28.

Wanneer dit lyk of ‘die wind teen ons is’, kan ons “’n groot kalmte” in ons hart ervaar. Hoe? Deur op Jehovah God se onfeilbare beloftes te vertrou.—Vergelyk Jesaja 55:9-11; Filippense 4:5-7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel