Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 10/1 bl. 32
  • Hulle “het God gevrees”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle “het God gevrees”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 10/1 bl. 32

Hulle “het God gevrees”

TERWYL die Israeliete in slawerny in Egipte was, is die Hebreeuse vroedvroue Sifra en Pua in ’n baie moeilike posisie geplaas. Farao wou probeer keer dat die uitlanders so vinnig vermeerder en het hierdie vroue beveel: “As julle die Hebreeuse vroue by ’n geboorte help . . . , as dit ’n seun is, maak hom dood.”—Exodus 1:15, 16.

Sifra en Pua “het God gevrees” en het dus moedig opgetree en “nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie”. Hulle het eerder die babaseuntjies laat lewe, hoewel hierdie moedige standpunt hulle lewe in gevaar kon stel. Jehovah “het aan die vroedvroue weldadigheid bewys” en hy het hulle beloon omdat hulle lewens gered het.—Exodus 1:17-21.

Hierdie verslag bring Jehovah se waardering vir diegene wat hom dien na vore. Hy kon Sifra en Pua se optrede, hoewel dit moedig was, bloot as menslikheid beskou het. Geen vrou wat by haar volle verstand is, sou per slot van rekening babas vermoor nie! Maar Jehovah het ongetwyfeld die feit in ag geneem dat party mense, uit vrees vir ander, al verskriklike dade gepleeg het. Hy het geweet dat hierdie vroedvroue nie net deur mensliewendheid gemotiveer is nie, maar ook deur godvrugtige vrees en toegewydheid.

Hoe dankbaar kan ons tog wees dat ons ’n God dien wat ons getroue dade raaksien! Dalk het nog nie een van ons voor die toets van geloof te staan gekom wat Sifra en Pua gehad het nie. Maar wanneer ons ’n ferm standpunt inneem vir wat reg is—hetsy dit op skool, by die werk of in enige ander situasie is—aanvaar Jehovah nie ons lojale liefde as vanselfsprekend nie. Inteendeel, hy word “die beloner . . . van dié wat hom ernstig soek” (Hebreërs 11:6). Ja, “God is nie onregverdig sodat hy julle werk sal vergeet en die liefde wat julle vir sy naam getoon het deurdat julle die heiliges gedien het en nog dien nie”.—Hebreërs 6:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel