Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 7/1 bl. 32
  • Die wysheid om ‘vooruit te sien wat sal gebeur’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die wysheid om ‘vooruit te sien wat sal gebeur’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 7/1 bl. 32

Die wysheid om ‘vooruit te sien wat sal gebeur’

“HULLE is ’n volk wat hulle gesonde verstand verloor het en geen insig het nie. As hulle wys was, sou hulle dit verstaan het en vooruitgesien het wat met hulle sal gebeur.”—Deuteronomium 32:28, 29, Beck.

Moses het hierdie woorde vir die Israeliete gesê toe hulle op die grens van die Beloofde Land gestaan het. Moses het ’n tyd voorspel wanneer hulle Jehovah sou verlaat en nie werklik sou dink aan die gevolge van hulle dade nie. Gedurende die daaropvolgende eeue het die volk Israel—waaronder baie konings—God se waarskuwings geïgnoreer.

Salomo was byvoorbeeld bekend met God se opdrag om slegs met aanbidders van Jehovah te trou en nie met aanbidders van ander gode nie (Deuteronomium 7:1-4). Hy het nietemin “baie uitlandse vroue” gehad. Wat was die gevolg? Die Bybelverslag sê: “In die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie” (1 Konings 11:1, 4). Hoewel Salomo ’n wyse man was, het hy ’n gebrek aan gesonde verstand gehad sodat hy nie ‘vooruit kon sien wat sou gebeur’ as hy ongehoorsaam aan God se bevel sou wees nie.

Wat van ons? Ons kan baie pyn vermy as ons die besluite in ons lewe goed deurdink. Christene word byvoorbeeld vermaan om hulle “van elke verontreiniging van die vlees en die gees [te] reinig” (2 Korintiërs 7:1). Dit is wys, maar baie het nie die gesonde verstand om vooruit te sien wat kan gebeur as hulle Paulus se raad in die wind slaan nie. Talle jongmense besoedel byvoorbeeld hulle liggaam deur tabak te rook omdat hulle dink dat dit hulle gesofistikeerd en volwasse laat lyk. Hoe tragies tog wanneer party later in hulle lewe aan hartkwale, longkanker of emfiseem ly as gevolg hiervan!

Dit is belangrik dat ons ernstig nadink oor die gevolge van ons besluite en dade. Paulus het met reg geskryf: “Wat ’n mens ook al saai, dit sal hy ook maai; want hy wat met die oog op sy vlees saai, sal verderwing uit sy vlees maai, maar hy wat met die oog op die gees saai, sal ewige lewe uit die gees maai.”—Galasiërs 6:7, 8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel