Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 3/1 bl. 32
  • God se naam herstel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God se naam herstel
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 3/1 bl. 32

God se naam herstel

“NADAT die naam Jehovah baie jare en miskien eeue lank uit Bybels gelaat is, is sy hedendaagse getuies die enigste Christelike godsdiens wat ’n standpunt ingeneem het en die tetragrammaton in sy plek herstel het.”a

Die woorde hierbo kom uit die boek Jeová dentro do judaísmo e do cristianismo (Jehovah in Judaïsme en die Christelike godsdiens), deur die Brasiliaanse skrywer Assis Brasil. Maar die vraag kan ontstaan: Waarom het ander godsdienste die Goddelike naam uit hulle Bybels gelaat, al gebruik ’n paar Bybelvertalers dit in die een of ander vorm? “Die naam van God is uitgehaal”, sê Brasil, “weens bygeloof . . . , bedekte beweegredes of weens ’n begeerte om die name van Jesus en sy moeder, Maria, te verhef.”

Maar soos mnr. Brasil tereg sê: “Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Geskrifte het die weglating van die [Goddelike] naam heeltemal reggestel in Portugees.” Hoe so? Omdat die naam Jehovah in sy regmatige plek in daardie Bybel herstel is. Die naam Jehovah verskyn meer as 7 200 keer in die Nuwe Wêreld-vertaling.

Sedert die eerste vrystelling daarvan is ver oor die ses en ’n half miljoen eksemplare van hierdie moderne, letterlike vertaling in Portugees versprei. ’n Joernalis vir die Brasiliaanse koerant Diário do Nordeste (Noordoostelike Dagblad) is dus beweeg om te vra: “Het jy geweet dat God ’n naam het?” Danksy hierdie moderne Bybelvertaling kan miljoene nou antwoord: “Ja. Die Goddelike naam is Jehovah.”

[Voetnoot]

a In Hebreeus word God se naam יהוה geskryf. Daar word gewoonlik na hierdie vier letters (wat van regs na links gelees word) verwys as die Tetragrammaton.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel