Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 1/15 bl. 32
  • “Julle is soos God wil hê ons moet wees”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Julle is soos God wil hê ons moet wees”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 1/15 bl. 32

“Julle is soos God wil hê ons moet wees”

AS Christene “ter wille van die Here” met sekulêre owerhede saamwerk, kan hulle verwag om lof te ontvang omdat hulle onder “dié [is] wat goed doen” (1 Petrus 2:13-15). Jehovah se Getuies in Suid-Afrika het dit ’n rukkie gelede ondervind by ’n streekbyeenkoms wat hulle in ’n saal op ’n universiteitskampus gehou het.

Op die eerste dag van die byeenkoms het die universiteit se veiligheidswagte hulle gestaal vir die gewone aantal geïrriteerde byeenkomsgangers wat nie hulle samewerking gee nie, soos wat hulle by ander soorte byeenkomste ondervind het. Maar omdat hulle nog nooit voorheen met Jehovah se Getuies te doen gehad het nie, het ’n aangename verrassing op hulle gewag!

As deel van hulle gewone veiligheidsmaatreëls by die hekke het die veiligheidswagte elke motor deursoek wat in- en uitgegaan het. Hulle was verbaas toe almal vriendelik, geduldig en eerbiedig was, al het die feit dat die motors deursoek is die byeenkomsgangers vertraag. Daar was glad nie die gewone weerstand, stryery en skeltaal nie. “Anders as ander besoekers”, het ’n veiligheidswag gesê, “openbaar julle ’n nederige gees en stille waardigheid wat vir ons almal ooglopend is.”

Toe die veiligheidshoof bewus word van die samewerkende gedrag van Jehovah se Getuies het hy besluit dat dit nie nodig is om die motors te deursoek nie “omdat julle so goed gedissiplineerd is”, het hy gesê. Gevolglik is motors met “JW”-parkeerbewyse ingelaat sonder dat hulle deursoek is.

Aan die einde van die byeenkoms het die veiligheidshoof gesê dat hy hoop om die Getuies gou weer daar te sien. “Ons het nog nooit mense gesien wat hulle so goed gedra nie”, het hy gesê. “Julle is soos God wil hê ons moet wees.” Sulke lof is vir ware Christene ’n bykomende aansporing om ‘voortreflike gedrag te handhaaf’, sodat mense ‘God sal verheerlik as gevolg van die voortreflike werke waarvan hulle ooggetuies is’.—1 Petrus 2:12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel