Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 1/1 bl. 32
  • ‘Hoog soos ’n seder op Libanon’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Hoog soos ’n seder op Libanon’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 1/1 bl. 32

‘Hoog soos ’n seder op Libanon’

OP DIE pragtige berge van Libanon groei bome wat bekend staan as Arz Ar-rab, wat “Seders van die Here” beteken. Hierdie indrukwekkende immergroen bome, wat vroeër die berge bedek het, word ongeveer 70 keer in die Bybel gemeld—meer as enige ander boom.

Die Skrif gebruik woorde soos “uitgesoek” en “heerlike” om die statige seders van Libanon te beskryf (Hooglied 5:15; Esegiël 17:23). Die seder se grootte en die duursaamheid van sy hout het dit lank gewild gemaak om huise en skepe mee te bou sowel as om meubels mee te maak. Die geur en warm rooi kleur van die hout is baie aantreklik, en die hoë harsinhoud daarvan maak dit bestand teen verrotting en insekplae. Die bome is opvallend hoog en groot, en bereik ’n hoogte van tot 37 meter en ’n omtrek van tot 12 meter, en hulle het diep, sterk wortels. Dit is geen wonder dat party hedendaagse bosbouers hulle al as “die kroon van die planteryk” beskryf het nie!

Die Bybelskrywer Esegiël het die Messias profeties vergelyk met ’n lootjie van ’n seder, wat God dan self plant (Esegiël 17:22). Trouens, die Hebreeuse woord vir “seder” kom van ’n grondwoord wat “om ferm te wees” beteken. Vandag moet volgelinge van die Messias, Jesus Christus, eweneens ‘vasstaan in die geloof en sterk word’ soos ’n hoë, veerkragtige seder (1 Korintiërs 16:13). Hoe kan ’n mens dit regkry? Deur onchristelike invloede kragtig te weerstaan en onwrikbaar te volhard op ’n weg van onkreukbaarheid en godvrugtige toegewydheid. Die Bybel beskryf diegene wat dit doen as “die regverdige . . . [wat] hoog groei soos ’n seder op Libanon”.—Psalm 92:12, The New English Bible.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel