Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 12/1 bl. 32
  • Groter liefde as ’n moeder s’n

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Groter liefde as ’n moeder s’n
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 12/1 bl. 32

Groter liefde as ’n moeder s’n

IN MOLTREINSTASIES, openbare ruskamers of op besige strate gooi moeders hulle pasgebore babas weg. Soms het vullisverwyderaars klein babatjies wat moeg gehuil is selfs al in vullisblikke gevind. Volgens O Estado de S. Paulo “is daar al hoe meer gevalle van babas wat op straat weggegooi word”. Natuurlik sal die jong moeder dalk later spyt wees oor haar besluit. Maar sy doen dit, selfs al kan dit haar kind sy lewe kos.

Jy wonder dalk: ‘Hoe kan ’n moeder selfs daaraan dink om haar baba aan ’n onseker toekoms oor te laat?’ Die Bybel gebruik so ’n hartseer situasie as ’n metafoor om ’n skerp teenstelling te vorm met ons Skepper se gevoel teenoor diegene wat aan hom behoort: “Kan ’n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!”—Jesaja 49:15.

God het werklik meer as enige mensemoeder innige liefde vir ons en neem ons behoeftes in ag. Hetsy jy ’n jongmens of ’n volwassene is en ongeag watter probleem jy die hoof moet bied, jy is nie alleen nie. Jou Skepper wil jou help en stel in jou welsyn belang. In die woorde van die psalmis: “As my eie vader en my eie moeder my sou verlaat, sal Jehovah my opneem.”—Psalm 27:10, NW.

Die Wagtoring en Ontwaak! word regoor die wêreld uitgegee om kennis beskikbaar te stel van “die enigste ware God”, Jehovah, en sy Seun, Jesus Christus, wat die ewige lewe kan beteken vir diegene wat dit met waardering inneem.—Johannes 17:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel