Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 9/1 bl. 32
  • ’n nuwe Bybel in moderne Grieks

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n nuwe Bybel in moderne Grieks
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 9/1 bl. 32

’n nuwe Bybel in moderne Grieks

DIT was op 23 Augustus 1997 ’n spesiale dag vir diegene wat die “Geloof in God se Woord”-streekbyeenkoms in Griekeland bygewoon het. Aan die einde van die middagsessie is ’n nuwe Bybel vrygestel—die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Geskrifte in moderne Grieks. Dit was ’n verrassing vir die gehoor wat onmiddellik gereageer het met vreugdetrane en ’n lang staande toejuiging!

Sedert 1905 gebruik Jehovah se Getuies ’n 19de-eeuse Bybelvertaling wat deur ’n Grieks-Ortodokse geestelike vertaal is. Hulle het hierdie Bybel baie jare lank goed gebruik. Maar Jehovah se Getuies het al ’n geruime tyd ’n behoefte aan ’n Bybelvertaling gehad wat akkurater en makliker verstaanbaar is. In 1993 was hulle bly om ’n Griekse uitgawe van die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte te ontvang. Maar nou was hulle oorstelp van vreugde om die hele Bybel in moderne Grieks te hê.

Een dankbare Getuie het die Nuwe Wêreld-vertaling bestempel as “’n gedig, ’n sagte briesie wat Jehovah se stem dra, wat ons vir die eerste keer duidelik in ons eie taal kan verstaan”. Party het hulle nuwe Bybel begin lees onmiddellik nadat hulle by die huis gekom het. Een opgewonde byeenkomsganger het nie sy Bybel neergesit voor eenuur in die oggend nie, toe hy die hele boek Job klaar gelees het!

Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Geskrifte in Grieks is die produk van sewe jaar se harde werk. ’n Brief wat ontvang is, het gesê: “Julle kan seker wees dat die Nuwe Wêreld-vertaling vir ons ’n groot hulp gaan wees om opregte mense te help om van Jehovah te leer.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel