Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 7/15 bl. 32
  • ’n “Voorbeeld van eenheid en broederskap”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n “Voorbeeld van eenheid en broederskap”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 7/15 bl. 32

’n “Voorbeeld van eenheid en broederskap”

Dit is hoe een vrou die optrede van Jehovah se Getuies beskryf het nadat sy die pynlike verlies van ’n familielid gely het. Sy verduidelik:

“Ek en my familie wil die Getuies van die Italiaanse gemeente in Freiburg, Duitsland, bedank. Met die uitsondering van my broer Antonio en sy vrou, Anna, is my familie nie Jehovah se Getuies nie. Ons het hulle godsdienskeuse lank gekritiseer, hoewel ons dit altyd gerespekteer het.

“Nou moet ons egter van gedagte verander. Trouens, ons het ’n voorbeeld van broederskap en liefde gesien wat ons nooit verwag het nie.

“Anna is ongelukkig ontydig in ’n motorongeluk dood. Aangesien ons in Italië woon, kon ons net ’n mate van bystand aan my broer Antonio en sy kinders verleen. Sy Getuiebroers het hom egter tot hulp gekom. Hulle het hom gehelp deur hulle teenwoordigheid, hulle woorde, hulle geloof, hulle fisiese, morele en finansiële bystand. Aangesien ek die gemeente nie persoonlik kan bedank nie, wil ek hulle graag deur middel van julle tydskrif bedank vir hulle voorbeeld van eenheid en broederskap wat ons nie sal vergeet nie.”

Hierdie vrou se vriendelike opmerkings word waardeer. Soos sy opgemerk het, is Jehovah se Getuies ’n internasionale broederskap (1 Petrus 2:17). Hulle kweek sterk bande van toegeneentheid onder mekaar aan, omdat hulle weet dat liefde “’n volmaakte band van eenheid” is (Kolossense 3:14). Selfs in die tragiesste omstandighede, waarvoor ons almal te staan kan kom, bly Jehovah se Getuies na aan God en sy volk.—Spreuke 18:24; Prediker 9:11; Johannes 13:34, 35.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel