Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 7/1 bl. 32
  • Is jou woorde swaardsteke of genesing?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is jou woorde swaardsteke of genesing?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 7/1 bl. 32

Is jou woorde swaardsteke of genesing?

GEDURENDE hierdie moeilike tye kan ’n mens verstaan waarom soveel mense ‘gebroke van hart’ en ‘verslae van gees’ is (Psalm 34:19). Daar bestaan dus altyd die behoefte om, in die woorde van die apostel Paulus, ‘vertroostend met die terneergedrukte siele te praat’ en ‘die swakkes te ondersteun’ (1 Tessalonisense 5:14). Maar gestel ons medemens gee ons aanstoot of doen iets ernstigs verkeerd. In so ’n situasie voel ons moontlik geregverdig om die persoon eenvoudig streng te berispe. Maar ’n waarskuwing is gepas. Teregwysing, selfs wanneer dit gegrond is, kan skadelik wees as dit op ’n ongevoelige manier gegee word. Spreuke 12:18 sê: “Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke.”

Wanneer ons dus besluit om iemand tereg te wys of ’n misverstand uit die weg te ruim, is dit noodsaaklik om die tweede deel van Spreuke 12:18 te onthou: “Die tong van die wyse is genesing.” Vra jou altyd af: ‘As ek teregwysing nodig het, hoe sal ek behandel wil word?’ Die meeste van ons reageer beter op aanmoediging as op kritiek. Wees dus vol lof. Dit sal die oortreder dikwels die aansporing gee om te verbeter, en die moontlikheid is groter dat hy dankbaar sal wees vir enige hulp wat aangebied word.

Hoe belangrik is dit tog om altyd ons woorde met sagmoedigheid te temper! Helende woorde sal die luisteraar soos die psalmis laat voel, wat geskryf het: “As die regverdige my slaan‚ sou dit ’n daad van liefderyke goedhartigheid wees; en as hy my teregwys‚ sou dit olie op die hoof wees‚ wat my hoof nie sou wou weier nie.”—Psalm 141:5, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel