Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 5/15 bl. 32
  • Goeie gedrag bring lof

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Goeie gedrag bring lof
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 5/15 bl. 32

Goeie gedrag bring lof

DIE Italiaanse koerant La Gazzetta del Mezzogiorno het Jehovah se Getuies geprys vir die artikel “Matera—stad van unieke grotwonings”. Hierdie artikel het verskyn in die Ontwaak! van 8 Julie 1997, wat ’n wye verspreiding in baie tale gehad het. Die Ontwaak! word tans in 81 tale vertaal en daar word wêreldwyd meer as 19 miljoen eksemplare gedruk. Die koerant het gesê dat die Ontwaak! die somerrekord behaal het “wat advertensieveldtogte betref om die geskiedkundige en kunsryke erfenis van die stad [Matera] bekend te stel”.

Die koerant het die Getuies geprys na aanleiding van die “Geloof in God se Woord”-streekbyeenkoms wat in 1997 in Matera gehou is. Die artikel het gemeld dat die Getuies daarin geslaag het “om in die hartjie van die somer en in die bloedige warm son 4000 mense by die [stad se] XXI Settembre-stadion te kry; hulle het gehelp met die skoonmaak en oorverf van hierdie sportsentrum (veral die toiletgeriewe), asook basiese herstelwerk daaraan, heeltemal gratis, en hulle het self die uitgawes gedek vir die aankoop van die nodige materiale.”

Jehovah se Getuies probeer om altyd naasteliefde te betoon (Matteus 22:37-39). Hulle volg ook die skriftuurlike vermaning: “Handhaaf voortreflike gedrag onder die nasies, sodat hulle . . . as gevolg van julle voortreflike werke waarvan hulle ooggetuies is, God in die dag van sy inspeksie sal verheerlik.”—1 Petrus 2:12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel