Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 5/1 bl. 32
  • Waarom nie saam met hulle daar wees nie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom nie saam met hulle daar wees nie?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 5/1 bl. 32

Waarom nie saam met hulle daar wees nie?

NDJAUKUA ULIMBA is 73 jaar oud, en verlede jaar het hy op ’n reis van sowat 450 kilometer gegaan. Hy het die hele ent geloop, en dit het hom 16 dae geneem.

Hierdie bejaarde man het sy lang reis onderneem sodat hy een van die jaarlikse streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies kon bywoon. Ná die byeenkoms het hy vreugdevol en geestelik versterk weer terug huis toe geloop—nog 16 dae. Was dit die moeite werd? Ja, inderdaad! Dit is al jare dat Ndjaukua Ulimba hierdie jaarlikse reis onderneem.

Hierdie swartman was een van meer as 15 miljoen mense uit meer as 230 lande wat verlede jaar die streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies bygewoon het. Vir die meeste was dit natuurlik nie nodig om na die byeenkomsterrein te loop nie. Die meerderheid het per motor, bus, trein of vliegtuig gekom. Was jy een van hulle?

In 1998 sal streekbyeenkomste weer regoor die wêreld gehou word, meestal gedurende die somermaande (of gedurende die droë seisoen). As Ndjaukua Ulimba se gesondheid dit toelaat, sal hy waarskynlik weer dieselfde lang afstand loop om dit by te woon. Hy en miljoene ander sal na ’n praktiese, geloofversterkende en besielende program luister. Vir almal wat die byeenkoms bywoon, sal dit ’n hoogtepunt van die jaar wees. Jy word ook hartlik uitgenooi om dit by te woon. Jehovah se Getuies in jou omgewing sal met graagte vir jou sê waar die streekbyeenkoms naaste aan jou gehou sal word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel