Kom vier gerus ’n spesiale geleentheid saam met ons—Saterdag, 11 April 1998
JEHOVAH SE GETUIES nooi jou hartlik uit om saam met hulle God se gawe van sy Seun, Jesus Christus, te herdenk. Hierdie gawe het vir die mensdom die vooruitsig op die ewige lewe op aarde moontlik gemaak.—Johannes 3:16.
Vanjaar sal die herdenking van Jesus se dood ná sononder op Saterdag, 11 April, gevier word. Daardie datum stem ooreen met 14 Nisan op die Bybel se maankalender. Vind gerus by Jehovah se Getuies in jou omgewing uit presies waar en hoe laat dit gehou sal word.