Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 4/1 bl. 9
  • “Kragtig en oortuigend”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Kragtig en oortuigend”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om die brosjure Goeie nuus wat van God kom! te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Wakker belangstelling aan in die Koninkryksboodskap
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Verkondig die goeie nuus van die koninkryk met brosjures
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Gebruik ’n verskeidenheid brosjures in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 4/1 bl. 9

“Kragtig en oortuigend”

“VAN môre af gaan ek dit in die predikingswerk gebruik, want die argumente daarin is werklik kragtig en oortuigend”, het een van Jehovah se Getuies in Frankryk geskryf. ’n Getuie in die Verenigde State het geskryf: “Ek het dit onmiddellik gelees en kan nie wag om dit in die veldbediening te gebruik nie, aangesien ons soveel mense ontmoet wat onverskillig staan teenoor die Bybel en geen geloof daarin stel nie.” Waarna het hulle verwys? Die brosjure met 32 bladsye met die titel ’n Boek vir alle mense, wat by die “Geloof in God se Woord”-streekbyeenkomste van 1997/98 deur die Wagtoringgenootskap vrygestel is.

Hierdie publikasie is met ’n spesifieke groep mense in gedagte opgestel—diegene wat dalk geleerd is, maar wat baie min van die Bybel weet. Baie van hierdie mense het besliste menings oor die Bybel, al het hulle dit self nog nooit gelees nie. Die doel van die brosjure is om die leser daarvan te oortuig dat die Bybel ten minste verdien om ondersoek te word. Die brosjure oefen nie druk op die leser uit om die beskouing te aanvaar dat die Bybel deur God geïnspireer is nie. Dit laat eerder die feite spreek. Die bewoording is nie hoogdrawend nie, maar duidelik en reguit.

Soos die bogenoemde kommentare toon, was die byeenkomsgangers gretig om hierdie brosjure in hulle veldbediening te gebruik. In Frankryk is ’n spesiale getuieniskampanje byvoorbeeld vir 23 en 24 Augustus gereël toe honderdduisende jong besoekers van regoor die wêreld vir Wêreldjeugdag in Parys bymekaargekom het. Sowat 2500 Getuies (meestal tussen die ouderdomme van 16 en 30) het 18 000 eksemplare van die brosjure in Duits, Engels, Frans, Italiaans, Pools en Spaans by mense gelaat.

Laat ons gerus hierdie brosjure, ’n Boek vir alle mense, in ons bediening gebruik. Mag hierdie publikasie ’n waardevolle instrument wees om redelike mense daarvan te oortuig dat hulle die Bybel self moet ondersoek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel