Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 1/15 bl. 32
  • Hulle loof hulle Skepper stilswyend

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle loof hulle Skepper stilswyend
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 1/15 bl. 32

Hulle loof hulle Skepper stilswyend

SONSONDERGANGE is van nature skouspelagtig. Maar om te sien hoe die son agter hierdie spesifieke berg in die Apuane-Alpe in Toskane, Italië, verdwyn, is werklik onvergelyklik mooi.

Uit die verte gesien, lyk dit asof die son in die berg sak en nie asof dit daaragter verdwyn nie. Waarom? Omdat die bergspits ’n natuurlike boog het wat lyk asof dit met ’n beitel uit die berg gekap is. Trouens, hierdie kaap het die naam Monte Forato—die Uitgekapte Berg—gekry. Weens die draaiing van die aarde om die son, is dit slegs by twee geleenthede per jaar dat dit vir diegene wat deur die boog kyk, lyk asof die son in Monte Forato sak.

Net soos ander skeppingswerke loof die lewelose hemele ook hulle Skepper. Hoe? Op dieselfde manier wat ’n pragtige skildery lof kan bring aan die kunstenaar wat dit geskep het. Die hemelliggame spreek in werklikheid van Jehovah se krag, wysheid en majesteit. Die psalmis stel dit só: “Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande” (Psalm 19:2; 69:35). Aangesien die son en ander lewelose dinge hulle Skepper loof, hoeveel te meer moet ons dit doen!—Psalm 148:1, 3, 12, 13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel