’n Uitdagende antwoord
DIE Catholic Herald, ’n Britse Rooms-Katolieke koerant, het onlangs die volgende brief van ’n leser in Wallis gepubliseer: “Een aand het twee van Jehovah se Getuies na my deur gekom. Ek kon toe darem sê dat dit die Katolieke Kerk is wat die egtheid onderskryf het van die Nuwe Testament wat hulle aangehaal het. Tot my verbasing het een van hulle saamgestem. ‘Ja’, het hy gesê, ‘julle onderskryf dit, maar julle doen nie wat dit sê nie. Jesus het gesê: “Julle moet mekaar liefhê net soos ek julle liefgehad het”, maar julle maak mekaar dood. Gedurende die laaste oorlog het Katolieke Katolieke doodgemaak, maar nie een van Jehovah se Getuies het ’n [mede-]Getuie doodgemaak nie.’ Wat kon ek anders doen as om saam te stem? Hoe kan ons saam met ons ‘verdeelde broederskap’ vir eenheid bid as daar geen ware eenheid onder ons is nie? Behoort ons nie eers hierdie skandaal reg te stel nie?”—Johannes 15:12.
Die twee wêreldoorloë van hierdie 20ste eeu het albei in die Christendom ontstaan en het ongeveer 50 miljoen tot 60 miljoen lewens geëis. Daar kan egter in alle eerlikheid gesê word dat Jehovah se Getuies geen aandeel aan daardie oorloë gehad het nie, en hulle is ook nie betrokke by enige konflikte wat tans plaasvind nie. Hoe is dit moontlik? Jy is dit aan jouself verskuldig om meer uit te vind omtrent die kragtige band van Christelike liefde en eenheid wat meer as vyfmiljoen Getuies van Jehovah regoor die wêreld het.—Vergelyk Jesaja 2:4.
[Foto-erkenning op bladsy 32]
U.S. National Archives photo