Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 12/1 bl. 32
  • Die Tien Gebooie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Tien Gebooie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 12/1 bl. 32

Die Tien Gebooie

ENGELAND se biskop van Gloucester het ontdek dat meer as die helfte van die geestelikes in sy bisdom nie die Tien Gebooie kon opsê nie, en 10 persent van hulle het nie geweet waar om dit in die Bybel te vind nie. Maar dit was 450 jaar gelede. Het die situasie sedertdien verbeter? Hoegenaamd nie—soos ’n onlangse opname onder Anglikaanse geestelikes aan die lig gebring het.

Van die 200 geestelikes met wie daar ’n onderhoud gevoer is, kon net 34 persent al die Tien Gebooie opsê. Van die ander het een gemeen dat dit te negatief is, en ’n ander het dit verwerp as iets wat nie van toepassing is op moderne sedelike uitdagings nie.

Ken jy die Tien Gebooie of weet jy waar om dit te vind? Dit is opgeteken in Exodus, die tweede boek van die Bybel, die eerste 17 verse van hoofstuk 20. Lees dit gerus. Hier is ’n eenvoudige manier om dit te groepeer. Die eerste vier hou verband met ons aanbidding van God, die vyfde beklemtoon die gesinslewe, gebooie ses tot nege het betrekking op ons verhoudinge met ons medemens, en die tiende is uniek aangesien dit ons beweeg om ons hart te ondersoek, ons beweegredes te toets. Hier is ’n kort opsomming van hoe Christene die beginsels kan toepas.

Een: Gee ons Skepper uitsluitlike toegewydheid. Twee: Moenie beelde in aanbidding gebruik nie. Drie: Respekteer en vereer altyd God se naam. Vier: Ruim tyd in om jou op geestelike sake toe te lê, sonder om afgelei te word. Vyf: Kinders, respekteer julle ouers. Ses: Moenie moord pleeg nie. Sewe: Vermy egbreuk. Agt: Moenie steel nie. Nege: Praat die waarheid. Tien: Weerstaan hebsug.

Die Tien Gebooie was deel van die Wet wat aan Moses gegee is. Maar die beginsels wat daarin beliggaam is, is tydloos (Romeine 6:14; Kolossense 2:13, 14). Om hierdie rede het Jesus se volgelinge uit die Tien Gebooie aangehaal en daarna verwys (Romeine 13:8-10). Hoeveel gelukkiger—en veiliger—sou die lewe vandag tog gewees het as almal hierdie Goddelik geïnspireerde beginsels gerespekteer en daarvolgens gelewe het!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel