Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 8/15 bl. 32
  • Hulle het standvastig gebly onder Nazi-vervolging

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het standvastig gebly onder Nazi-vervolging
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 8/15 bl. 32

Hulle het standvastig gebly onder Nazi-vervolging

DIE vreeslose onkreukbaarheid van Jehovah se Getuies in Nazi-Duitsland vorm ’n skerp teenstelling met die standpunt wat die kerke van die Christendom ingeneem het. Die geskiedenisprofessor John Weiss het in sy boek Ideology of Death hierna verwys. Hy skryf:

“In 1934 het die Evangeliese kerk daarop aangedring dat die Nazi’s ‘deur Lutheranisme verwelkom word’ en het hulle ‘die Here God’ daarvoor gedank dat hy die Duitsers ’n ‘vroom en vertrouenswaardige heerser’ gegee het. . . . ’n Protestantse biskop het aan sy geestelikes geskryf: ‘[Hitler] is deur God aan ons gestuur.’” Weiss sê voorts: “Die Duitse Metodistekerk . . . het met biskop Dibelius saamgestem dat Hitler Duitsland van ’n dreigende Bolsjewistiese revolusie gered het . . . en vrede en stabiliteit gebring het . . . Die Mormoonse kerk het vir sy lidmate gesê dat dit ’n skending van die Mormoonse wet was om Hitler teë te staan.” En hy voeg by: “Daar is vir Katolieke gesê dat dit ’n heilige plig was om die nuwe regering te gehoorsaam, ’n plig wat nooit teruggetrek is selfs nadat al die gruwels in die ooste aan die geestelikes bekend was nie.”

Maar wat van Jehovah se Getuies? Professor Weiss wys daarop dat “slegs Jehovah se Getuies as ’n groep die Nazi’s teëgestaan het”. Duisende van hulle is gevange gehou, gaan professor Weiss voort, “al kon enige Getuie wat na ’n konsentrasiekamp gestuur is, vrygelaat word deur bloot ’n dokument te onderteken wat gesê het dat die individu sy geloof versaak”.

Professor Weiss sê oor die onkreukbaarheid van Jehovah se Getuies: “Hulle voorbeeld lig die buitengewoon onversetlike en heroïese krag toe wat ’n kenmerk van die vroeë Christelike godsdiens was voordat dit ’n gevestigde instelling geword het en voordat betrokkenheid by die gemeenskap die begeerte gesmoor het om ’n beginselvaste lewe te lei. Dit is soos ’n Protestantse pastoor omtrent hulle geskryf het: ‘Dit was nie die groot kerke nie, maar hierdie mense wat belaster en bespot is wat eerste opgestaan het teen die woede van die Nazi-demoon, en wat gedurf het om hulle daarteen te verset op grond van hulle geloof.’”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel