Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 4/15 bl. 32
  • Voedselsekerheid vir die wêreld gewaarborg waardeur?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voedselsekerheid vir die wêreld gewaarborg waardeur?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 4/15 bl. 32

Voedselsekerheid vir die wêreld gewaarborg waardeur?

“ONS allerbeste pogings is moontlik nie genoeg om die voedselsekerheid te handhaaf wat ons die grootste deel van hierdie eeu geken het nie”, beweer Lester Brown, die president van Worldwatch-Instituut in Washington, DC. Volgens die tydskrif New Scientist het die wêreld se graanreserwes aan die begin van 1995 ’n rekordlaagtepunt van 255 miljoen ton bereik—genoeg om die wêreld net 48 dae te voed. Wanneer die reserwes in vroeër jare laer gedaal het as wat nodig is vir 60 dae, kon die voorraad weer aangevul word. Maar nou is Worldwatch-Instituut onseker oor die aarde se vermoë om sy verliese aan te vul.

Ná drie swak oesjare en met meer ontwikkelende lande wat graan as veevoer verbruik, is daar minder graan vir die armes beskikbaar wat dit as ’n stapelvoedsel nodig het. New Scientist waarsku dat die eenmiljard mense wat ten minste 70 persent van hulle inkomste aan voedsel bestee van honger sal begin omkom as die situasie nie onmiddellik aandag geniet nie.

Die Bybel het voorspel dat die aarde se bewoners in ons tyd “voedseltekorte” sou ondervind (Lukas 21:11). God staan egter nie onverskillig teenoor die probleem nie. Trouens, sy besorgdheid oor die mensdom se benarde toestand sal op die ou end getoon word wanneer sy Koninkryk beheer oor die aarde se aangeleenthede oorneem. Dan sal ‘die aarde sy opbrings lewer’. “Daar [sal] volheid van koring wees in die land, op die top van die berge” (Psalm 67:7; 72:16). Hierdie profetiese woorde aangaande die Skepper sal dan vervul word: “U het die land besoek en oorvloed gegee . . . Die dale is bedek met koring.”—Psalm 65:10, 14.

Vind daardie wonderlike belofte by jou byval? Sal jy graag wil weet hoe jy hierin kan deel? Vra Jehovah se Getuies dan om jou meer omtrent hierdie beloofde Paradys te vertel wanneer hulle weer by jou deur aanklop. As jy graag wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om ’n gratis Bybelstudie met jou te hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika of na die gepaste adres op bladsy 2.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Insetsel: Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel