Sal sulke tonele ooit tot die verlede behoort?
ONGEAG waar ons deesdae kyk, sien ons tonele van spanning, konflik en oorlog. Maar die doel van hierdie tydskrif is nie om nog slegte nuus te voeg by alles waarvan jy reeds bewus is nie. Hierdie spesiale uitgawe sal eerder die aandag op ten minste twee vertroostende waarhede vestig. Eerstens, dat eeue oue profesieë in die Bybel in werklikheid baie van die skokkende slegte nuus van ons tyd voorspel het; tweedens, dat hierdie selfde boek van profesie ’n tyd voorspel wanneer tonele soos hierdie tot die verlede sal behoort. Daar sal geen oorloë meer wees nie. Geen bomaanvalle, skerpskutters, landmyne of terrorisme nie. Geen beangste weeskindertjies of hawelose vlugtelinge nie. ’n Wêreld van ware, hartverblydende vrede. Wil jy graag so ’n tyd sien? Ons spoor jou aan om ondersoek in te stel na wat die Bybel sê. Jy kan meer vertroosting daar vind as wat jy ooit gedink het moontlik is.