Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 3/15 bl. 3
  • Geloof in God is ’n wonderwerk werklik nodig?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Geloof in God is ’n wonderwerk werklik nodig?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom wonderwerke as sodanig nie geloof voortbring nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Wonderwerke—Feit of fiksie?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Hy het sy denkwyse verander
    Wees moedig en maak God gelukkig
  • Waarom belangstel in wonderwerke?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 3/15 bl. 3

Geloof in God is ’n wonderwerk werklik nodig?

ALBERT was in sy vroeë twintigerjare toe hy God begin soek het. Hy het ’n aantal godsdienste op die proef gestel maar was steeds nie tevrede nie. Hy het dele van die Bybel gelees en gesien hoe God met mense soos Noag, Abraham, Sara en Moses gehandel het. Albert het aangetrokke gevoel tot die God van die Bybel. Maar kon hy seker wees dat God wel bestaan?

Een aand het Albert na ’n afgeleë plek gery waar hy gebid het: “God, gee my asseblief ’n teken—enigiets wat sal bewys dat u bestaan.” Albert het gewag en gewag. Toe niks gebeur nie, onthou hy, het sy verwagtinge “in teleurstelling, in ’n gevoel van leegheid en in woede verander”.

Soos Albert, meen baie mense dat hulle God tevergeefs gesoek het. Hulle is dalk verwar deur die preke van geestelikes of ontnugter deur die verkoopkuns van televisie-evangeliste. Omdat hulle getref word deur die skynheiligheid wat onder baie van hulle bure te sien is, is party nie seker wat om te glo nie. Koning Dawid van eertydse Israel het sy seun Salomo nietemin verseker: “As jy [God] soek, sal Hy Hom deur jou laat vind.”—1 Kronieke 28:9.

Maar hoe openbaar God hom dan? Moet ’n mens ’n teken verwag—die een of ander bonatuurlike ondervinding wat vir jou sal bewys dat God bestaan? Volgens ’n onlangse meningspeiling wat in die tydskrif Time verskyn het, glo meer as twee derdes van alle Amerikaners aan wonderwerke. Die artikel het ook gesê dat “die kerke in Amerika wat die vinnigste groei die Charismatiese en Pinkstergemeentes is waarvan die aanbidding om ‘tekens en wonders’ draai”.

Is “tekens en wonders” werklik nodig om in God te glo? Hy het in die verlede wonderwerke gebruik. Ter toeligting: Saulus van Tarsus, wat die volgelinge van God se Seun, Jesus Christus, vervolg het, het ’n buitengewone ondervinding op pad van Jerusalem na Damaskus gehad. Hierdie wonderdadige ontmoeting met die verrese Jesus het tot Saulus se bekering gelei (Handelinge 9:1-22). ’n Voormalige vervolger het sodoende die apostel Paulus geword—een van die vernaamste voorstanders van die Christelike godsdiens!

Maar lok wonderwerke altyd so ’n gunstige reaksie uit? Hang ware geloof in God daarvan af dat ’n mens die een of ander wonderdadige ondervinding moes gehad het?

[Prent op bladsy 3]

God se Seun het op wonderdadige wyse met Saulus van Tarsus gepraat. Moet jy ’n wonderwerk verwag?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel